Met Eish
Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Jun 2024 tot 17 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantsingel 11, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 800R1 530 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Met Eish is 'n bekoorlike selfsorghuis in die ou deel van Yzerfontein, sowat 950 m vanaf die hoofstrand en naby die bakkery, koffiewinkels en restaurante.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 2 enkelslaapbanke in die sitarea. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aparte opwaskamer is ook met 'n stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die kombuis lei na die leefarea waar daar lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket is, asook 'n binnebraai.
Buite op die stoep is daar nog 'n braai-area met sitplek en 'n lieflike uitsig oor die fynbos, asook 'n omheinde erf vir die kinders om te speel. Veilige parkeerplek is agter 'n hek beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Ligging
- Fisantsingel 11, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fisantsingel 11, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom