Kuse Khaya Guest House
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Serfonteinstraat 5, Libradene, Boksburg, 1459, Gauteng
- Vanaf R640 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kuse Khaya is reg teen die kruising van die N17 en R21 geleë en is dus net 15 minute se ry van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af. Dit is ook net 10 minute vanaf East Rand Mall, Carnival City Casino en Mall en nog baie ander besienswaardighede.
Kuse Khaya is ook nie ver van plaaslike winkelsentrums, restaurante en bekende plekke van vermaak nie. Dit is na aan 'n hospitaal en sal in elke behoefte van elke gas voorsien. Dit is ook net 'n klipgooi vanaf 'n handjievol goeie skole wat gereeld sporttoernooie aanbied en kan dus verblyf bied aan deelnemers en ondersteuners.
Verblyf word aangebied in 4 luukse kamers. Elke kamer is ingerig met 'n TV, en suite-badkamer met 'n stort, aparte ingang en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers word daagliks skoongemaak en ontbyt, middag- en aandete is op versoek beskikbaar.
Veilige parkeerplek, 'n swembad en braaigeriewe is ook beskikbaar.
Besienswaardighede in die omgewing wat die besoek werd is sluit in: Bokki Park, Carnival City, Benoni Ghalfklub, Willowmoore Park, Emperors Palace, Ellis Park-stadion, Rand-stadion, Carlton Centre, Johannesburg Art Gallery & Sculpture Park en Gandhi Square.
Kinders onder die ouderdom van 12 bly gratis.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Mabotse Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Serfonteinstraat 5, Libradene, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink Kuse Khaya Guest House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Boksburg Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Serfonteinstraat 5, Libradene, Boksburg, 1459, Gauteng