De Hoop Cottages
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Vanaf R640 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Word deel van die natuur by De Hoop Cottages, bekostigbare selfsorgverblyf op 'n plaas naby Robertson. Eric en Laetitia, die eienaars, nooi jou uit om te kom rus op hul pragtige en vreedsame plaas wat rustige verblyf verseker, weg van al die geraas. Die beperkte selfoonsein dra hiertoe by! Laaiplaas is aan die einde van die De Hoop-kloof, aan die voet van die Langeberge, geleë. Verlustig jouself in die wonderskone natuurtonele en uitsigte op die berge en onthou dat daar 2 km se grondpad na die plaas is sodat jy weet jy's behoorlik in die buitelig!
Vir bekostigbare plaasverblyf kies tussen volledig toegeruste selfsorgkothuise met elektrisiteit of ten volle toegeruste selfsorg-boshutte met geen elektrisiteit, net gas.
Adam se Huis en Swink se Huis het slaapplek vir 2 gaste elk en Ampie se Huis en July se Huis elkeen slaapplek vir 4 gaste. Al die eenhede het netjiese badkamers, binne- en buitebraaigeriewe en houtdekke. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die Boshuisies, Die Boshuisie 1 en Die Boshuisie 2, is selfsorg-houthuisies met slaapplek vir 4 gaste elk. Dit is privaat in 'n kloof geleë en is geskik vir diegene wat meer avontuurlustig is. Daar is binne- en buitebraaigeriewe en 'n houtdek. Daar is geen elektrisiteit nie, slegs gasgeriewe. Dit bied 'n kamp-ervaring waar jy nie 'n tent hoef saam te bring nie. Beddegoed word nie voorsien nie en ablusiegeriewe is sowat 80 m van die huisie af. 'n Voertuig met hoë grondvryhoogte (nie 'n 4x4 nie) word aanbeveel om dié huisies te bereik.
Bo-en-behalwe wonderskone berg-uitsigte, spog hierdie omgewing met ongerepte natuurskoon, voëllewe, wandelinge op die plaas of in die kloof met sy helder bergpoele, heerlike swemsessies in die plaasdamme. Jy kan ook bloot op die dek sit en die rustige omgewing geniet.
Die plaas is net 10 km buite die dorp geleë, sowat 15 minute se ry van al die nodige winkels en al die wynkelders waarvoor hierdie streek so bekend is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Laetitia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 270
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink De Hoop Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap