The Boulders 108
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 84, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 097 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Boulders 108 is 'n lieflike strandfrontwoonstel in Compensation-weg in Ballito, 'n gewilde vakansiebestemming aan die Natalse Noordkus. Dié woonstel bied direkte toegang tot die strand en daar is 2 klein winkelsentrums stapafstand of net 'n entjie se ry ver.
Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n kluis, 'n balkon met 'n uitsig oor die see en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Dié gaste deel 'n badkamer wat 'n bad, toilet en 'n wasbak het. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier.
Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het gemaklike sitplek en dit lei na 'n balkon met sitplek en 'n see-uitsig. Daar is geen gratis WiFi nie.
Een veilige, aangewese parkeerplek en 'n hysbak na die woonstel is beskikbaar. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike geriewe in die kompleks, wat 'n swembad en braai-area insluit.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 70
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Compensation Beach-weg 84, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 84, Ballito, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom