Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Apr 2024 tot 30 Aug 2024.
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brandwacht-pad, Worcester, 6849, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 440 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Summerhill Gasteplaas is gerieflik geleë en word deur die eienaars, Bob en Wendy Parris, bestuur. Wendy en haar span sal toesien dat jou verblyf gerieflik is.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom op ons druiweplaas in die bergryke Brandwacht-vallei agter Worcester. Ons verblyf bied 'n heerlike, rustige atmosfeer, waar jy sommer gou tuis sal voel. Daar is 8 volledig toegeruste eenhede wat pragtig versier is en slaapplek bied vir 1 - 6, elk met sy eie ingang en parkeerplek.
Summerhill is ideaal vir 'n gesinswegbreek of sakelui wat graag in die platteland wil wakker word. Die plaasdiere hier dra by tot die ontspanne atmosfeer, en die omgewing is boonop uiters kindervriendelik.
Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer, lugversorging, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. 2 van die eenhede is vir selfsorg toegerus.
Die gemeenskaplike sit- en eetkamer, wat na die swembadarea lei, het 'n kaggel, 'n TV met satellietkanale en 'n eerlikheidskroeg. Daar is ook 'n kombuis met koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook 'n grasdak-patio waar jy ontbyt of 'n skemerkelkie kan geniet, of sommer net lekker agteroor kan sit.
Ons het perde, bokke, varke en hasies op die plaas. Daar is ook 'n swembad, piekniekplekke en braaigeriewe en die plaas word omring deur die majestueuse Brandwachtberge, wingerde en perdekampe.
Summerhill is 5 km buite Worcester en 1 uur 15 minute vanaf Kaapstad. Die ligging is ideaal vir gaste wat die Breederiviervallei of Roete 62 wil verken, asook vir sakereisigers wat Worcester besoek.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Brandwacht-pad, Worcester, 6849, Wes-Kaap
- Gaste dink Summerhill Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Brandwacht-pad, Worcester, 6849, Wes-Kaap