Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2412

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 2412 is 'n eksklusiewe selfsorg-villa op die San Lameer Estate. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, 'n subtropiese paradys wat met wild, fauna, flora en voëls spog. Daar is definitief iets vir elke lid van die gesin op hierdie landgoed. Die 200 ha-natuurbewarea spog met 'n 18-putjie kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Die villa het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie twee slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad en aparte toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek sodat gaste maaltye saam kan nuttig. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Die verblyf het 'n omsetter.

Die leefarea lei na 'n sonnige stoep met 'n buite-etenstafel, piekniektafel, gemaklike stoepmeubels, 'n vuurput en Weber-braaigeriewe. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie.

Die landgoed het gemeenskaplike swembaddens en 'n pragtige uitsig. San Lameer bied ook 'n groot, lowerryke omgewing met tuine vir pieknieks, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en 'n voëlkykdam. Daar is ook gemeenskaplike braai-areas en voetslaanroetes.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 67

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0fa0b17be653390af40568aa510aae7959ee52f3cbb5f63dce463a768f41acaa905639ee045fef6f672858f08287dcc78cf6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6) Main Road San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.943094624604 30.296459567837
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem