Bahia Formosa
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Odd Plot-weg, Plaas 303, The Crags, 6602, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 950R1 755 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bahia Formosa bied gerieflike selfsorgverblyf in The Crags, sowat 33 km vanaf Plettenbergbaai Lughawe en 17 km vanaf Nature's Valley. Dit is die ideale wegbreek vir paartjies wat op soek is na rustigheid in die natuur en wat vir 'n paar dae uit die stad wil ontsnap.
Die verblyf bied 2 pragtige kothuise. Elke kothuis beskik oor 'n en suite-badkamer en 'n slaapkamer met 'n gemaklike bed, gasverwarmer, gehaltelinne, bad- en swemhanddoeke. Elke kothuis spog met 'n goed toegeruste kombuis en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n pizza-oond. Daar is ook 'n solder-sitarea wat met 'n leer bereik word en met 'n panoramiese uitsig oor die omliggende fynbos, valleie en op die berge spog. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite het gaste toegang tot 'n onderdakstoep, draagbare braaigeriewe, sitplek en 'n privaat swembad. Albei kothuise is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en gebruik sonpanele, reënwatertenks en gevorderde bio-afbreekbare-rioolstelsels.
Gaste kan 'n bederfbehandeling by die plaaslike spa bespreek, die uitsonderlike wyne en sjampanje op The Crags se florerende boetiekwynroete proe, en sterrekyk.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Linda Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Odd Plot-weg, Plaas 303, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Gaste dink Bahia Formosa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Odd Plot-weg, Plaas 303, The Crags, 6602, Wes-Kaap