36 On Simonii
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hendrik Van Eck-boulevard, Riverspray-landgoed, Vanderbijlpark, 1930, Gauteng
- Vanaf R4 850 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
36 On Simonii is 'n pragtige vakansiehuis langs die Vaalrivier op die veilige Riverspray-landgoed in Vanderbijlpark. Dis die ideale plek vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie en die landgoed het 'n groot, gemeenskaplike swembad.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer in die slaapkamer met 'n bad, dubbelwasbak-eenheid en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bad in die slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n eiland met sitplek in die kombuis. Gaste kan hul maaltye by die eetarea en in die formele sitkamer geniet. Die TV-kamer is langs die kombuis en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en toegang tot 'n toegeboude stoep met gemaklike sitplek.
Stapeldeure lei na 'n lieflike tuin met braaigeriewe. Gaste het toegang tot die landgoed se gemeenskaplike swembad met 'n uitsig oor die Vaalrivier, tennisbane en jetties waarvandaan hulle kan visvang.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Wildritte
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Hendrik Van Eck-boulevard, Riverspray-landgoed, Vanderbijlpark, 1930, Gauteng
Sien meer verblyf in Vanderbijlpark Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hendrik Van Eck-boulevard, Riverspray-landgoed, Vanderbijlpark, 1930, Gauteng