Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

103 The Dunes

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Kom bly gerus by dié moderne selfsorg-eenheid in The Dunes Resort in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai as jy volgende keer die Tuinroete verken. Ons is 'n hanetreetjie van die strand af en daar is 'n geplaveide wandelpaadjie wat na die strand lei.

Dié tweeslaapkamereenheid bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers met stortgeriewe. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof-oond, skottelgoedwasser, ketel, breekware en eetgerei toegerus. Daar is 'n eetarea en 'n oopplan-sitarea met 'n enkelslaapbank. Die dubbeldeure lei na 'n omheinde, privaat tuin met 'n ingeboude braai en 'n onderdak-kuierarea. Parkeerplek vir 1 voertuig, asook WiFi is beskikbaar. Badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Geriewe op perseel sluit die volgende in: DStv, 'n restaurant en kroeg, 'n haarsalon, winkels, ’n swembadden, 'n speelgrond, 'n wassery met 'n wasdiens, 'n karwasdiens, 'n visskoonmaakstasie, ablusiegeriewe en 'n uitkykdek by die strand vir walvis- en dolfynkyk. Parkeerplek vir bote en sleepwaentjies kan op versoek voor aankoms gereël word.

Doendinge in die omgewing sluit die volgende in: visvang, walvis- en dolfynkyk, riviervaarte, bootry, kano, voëlkyk, voetslaan, perdry, gholf, bergfietsry, fietsry, reksprong, valskermspring, wildkyk en -ritte, wynproe, 'n aantal dieretuine en voëlparke, 'n beskermingsgebied vir wolwe en 'n legkaartpark en avontuurpark.

Interessante plekke in die omliggende area sluit talle historiese gedenktekens, die Nelson's Bay Grot by Robberg Natuurreservaat, 'n argeologiese terrein uit die Steentydperk op die Robberg Skiereiland met bewyse van menslike aktiwiteit van 125 000 jaar gelede en een van die grootste seemeeu-broeikolonies by die Keurboomsriviermonding in.

Die eenheid is gewild onder gesinne, natuurliefhebbers, hengelaars, voëlkykers en voetslaners wat die Otterroete stap van Tsitsikamma Nasionale Park (65 km) na Nature's Valley (34 km). 'n Ideale oornagplek vir gaste wat van en na die Addo Olifantpark (304 km) en Qunu in die Oos-Kaap (682 km) reis, waar Nelson Mandela op 15 Desember 2013 op sy gesin se eiendom begrawe is.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 103 The Dunes
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Merle Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 6

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink 103 The Dunes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlNmI4YTFlLWM5OWUtNGNjNi05MTUyLTJlM2RmODAyYzAyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 5) 1 5 1 5 103 The Dunes Resort Main Road 394 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.010963888889 23.422969444444
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem