Ons land spog met soveel wildkyk-geleenthede en dit is iets wat ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie! Nee, dis iets wat ons behóórlik moet geniet, verken en ervaar. Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lys propvol uitstekende blyplekke wat perfek is vir wildkyk-entoesiaste regoor die land saamgestel. Rol af en loer ’n bietjie na dié lekker wildwegbreke! 

Avoca River Cabins ─ Oos-Kaap

Sondagsriviervallei lekkeslaap lekkerslaap verblyf accommodation self-cateering rivier river stay game viewing game watching game lodge

Bonus: Dit is net twintig minute van die Addo-olifantpark af. 

Is jy en jou geliefde op soek na ’n romantiese wegkruipplekkie? Wil jy wegbreek op ’n perseel waar jou kinders na hartelus kan speel? Avoca River Cabins wag vir julle! Hierdie lekker wegbreek skuil in die Sondagsriviervallei sowat twintig minute van die Addo-olifantpark af en het mooi selfsorg-eenhede, braaigeriewe, ’n swembad, speelterrein en ’n wildkykvoertuig vir die Addo-olifantpark. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

SANParks Karoo National Park  ─ Wes-Kaap

Karoo National Park lekkerslaap lekkeslaap game watching wildkyk kyk wild verblyf selfsorg accommodation verblyf sanparks verblyf kothuis

Bonus: Kyk wild met jou eie voertuig. 

SANParks Karoo National Park is net buite Beaufort-Wes en bied die geleentheid om wild te kyk met jul eie voertuig of om ’n begeleide toer deur die Karoo te ervaar. Selfsorg-eenhede vir drie tot ses gaste is beskikbaar en ’n heerlike ontbyt is by die tariewe vir dié eenhede ingesluit. Daar is ook kampeerplekke en karavaanterreine met gemeenskaplike ablusieblokke. 

Kliek hiér vir die tariewe.  

Kruger Park Lodge – Golf Safari SA Chalets  ─ Mpumalanga

Panoramaroete Laeveld in Hazyview  accommodation wildkyk game watching accommodation lekkerslaap lekkeslaap wildkyk blog kryugerwildtuin kruger national park accommodation

Bonus: Dit is net ’n paar minute se ry van die Krugerwildtuin af. 

Wat kan dan nou lekkerder wees as ’n huisie reg langs die water wat groot genoeg is vir jou en jou gesin? Kruger Park Lodge se kothuise is goed toegerus én skuil op ’n landgoed waar julle wild kan kyk ─ wildkyk was nog nooit só maklik en gerieflik nie, nè? Op die landgoed is daar ’n kroeg, speletjieskamer, restaurant en swembad om elke lid van die gesin te vermaak. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Ezemvelo Nature Reserve  ─ Gauteng

O.R. Tambo Internasionale Lughawe game wathing accommodation verblyf lekkeslaap lekkerslaap self-catering selfsoird nature stays

Bonus: Wild is volop op dié perseel. 

Ezemvelo Nature Reserve bied ’n wegbreekkans waar julle kan wildkyk, visvang en fietsry op die perseel. Hier is agt netjiese grasdak-chalets, elk met ’n kombuisie en plek vir twee tot twintig gaste. Hier is ook kampeerplek vir gesinne wat nóg nader aan die natuur wil wees en kinders jonger as vier jaar bly gratis.

Kliek hiér vir die tariewe. 

Klein Plekkie Self-catering Accommodation  ─ Oos-Kaap

Klein Plekkie Self-catering Accommodation  Sunland, sowat 15 minute vanaf die Addo Olifantpark  Rietfonteinweg, Klein Plekkie, Sunland, 6115, Oos-Kaap game watching wildkyk game drives

Bonus: Dit is net vyftien minute se ry van die Addo-olifantpark se hoofhek af. 

Klein Plekkie Self-catering Accommodation skuil op die oewer van ’n dam en is net vyftien minute se ry van die Addo-olifantpark se hoofhek af. Hier is slaapplek vir vyf gaste ─ ideaal vir ’n rustige wildwegbreek vir die hele gesin. Verder is daar braaigeriewe en ’n houtdek met ’n uitsig oor die dam wat ’n lekker plekkie is om ná ’n lang dag in die Addo-olifantpark ’n bietjie stil te raak. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Thali Thali Game Lodge  ─ Wes-Kaap

Thali Thali Game Lodge Zoutekuylen 179, R27, Langebaan, 7357, Wes-Kaap wildkyk game watching wildritte safari lekkerslaap

Bonus: Jy hoef nêrens te ry om wild te sien ─ hiér is wildritte op die perseel beskikbaar. 

By Thali Thali Game Lodge kry jy ’n wildwegbreek aan die Weskus ─ dít klink mos nou na ons tipe vakansie! Hier is drie chalets en vyf besonderse glanskamptente wat rondom ’n kuierarea met ’n lapa op dié wildsplaas versprei is. Gaste wat die glanskamptente bespreek geniet ’n ontbyt wat by die tarief ingesluit is. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Thabisa Lodge  ─ Limpopo

Thabisa Lodge Hoedspruit Wildlandgoed 237, Hoedspruit, 1380, Limpopo lekkerslaap lekkeslaap safari game drive accomodation selfcatering stay getaway game viewing wildkyk

Bonus: Wild soos kameelperde, sebras, wildsbokke, vlakvarke en verskeie voëlspesies kan hier gewaar word.

Ons is absoluut mal oor Thabisa Lodge wat in die hartjie van die Hoedspruit Wildlandgoed geleë is. Dit is ’n pragtige huis, groot genoeg vir ses gaste, en het als wat ’n vakansie onverbeterlik maak: ’n swembad, braaigeriewe en ’n kombuis wat goed toegerus is. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Nkambeni Safari Camp  ─ Mpumalanga

Nkambeni Safari Camp Nkambeni Contractual Park, Numbi-straat 139, Krugerwildtuin, 1242, Mpumalanga game viewing safari wildrit verblyf lekkerslaap lekkeslaap game watching accommodation

Bonus: Dié kamp bied wildritte in die oggend en middag, staptogte in die bos en nagritte in die Krugerwildtuin. 

By Nkambeni Safari Camp kan julle kies tussen opsies wat etes en wildritte insluit. Kom bespreek een van die pragtige tente met slaapplek vir vier gaste en luukshede soos ’n buitestort, koffie- en teemaakgeriewe en ’n daaglikse skoonmaakdiens. Die Danger Ranger Bush Pub is heerlik vir wanneer julle net ’n koue biertjie wil drink terwyl julle die uitsig oor die watergat en die seekoei wat daarin baljaar geniet. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Roam Privaat Wildreservaat  ─ Wes-Kaap 

Roam Private Game Reserve   Rietpoort Wildsplaas, 67 km buite Prins Albert, 6930, Wes-Kaap game watching game viewing safari wild kyk game drive wild rit lekkerslaap verblyf selfsorg

Bonus: Wildritte is ingesluit! 

Roam Privaat Wildreservaat is ideaal vir diegene wat op soek is na ’n luukse wegbreek met ’n klassieke Karoo-gevoel. Hiér is alle maaltye, ’n wildrit en ’n boswandeling ingesluit. Geniet skemerkelkies by die kroeg, ontspan langs die plonspoel met ’n uitsig oor die reservaat of bewonder al die wild wat die watergat kom besoek. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Kgalagadi Lodge  ─ Noord-Kaap 

Kgalagadi Lodge 5 km vanaf die Kgalagadi Oorgrens-park, Askam, 8814, Noord-Kaap game viewing wildkyk safari lekkerslaap game viewing verblyf selfsorg accommodation

Bonus: Die ideale blyplek vir diegene wat die Kgalagadi Oorgrenspark wil besoek. 

Of julle nou mal is oor kamp of eerder ’n gerieflike selfsorghuisie verkies, Kgalagadi Lodge is die perfekte plekkie vir julle. Dié lodge is in die piepklein nedersetting, Mier, geleë en spog met 27 chalets en tien kampeerplekke. Julle kan op die perseel in die swembad baljaar, heerlike disse in die restaurant geniet of wildkyk. Blouwildebeeste kan selfs voor julle stoep kom wei! 

Kliek hiér vir die tariewe. 

SleepOver Orpen Gate  ─ Mpumalanga

SleepOver Orpen Gate Gedeelte van die plaas Welverdiend 206 KU, Orpen-hek, 1108, Mpumalanga game watching wildkyk lekkerslaap lekkeslaap verblyf

Bonus: Dit is baie naby die Krugerwildtuin se Orpenhek

SleepOver Orpen Gate is uitstekend vir diegene wat op soek is na gerieflike verblyf naby die Krugerwildtuin se Orpenhek. Hier is mooi eenhede vir paartjies of gesinne en elke eenheid spog met lugversorging en skuifdeure wat na ’n stoep lei. Julle kan natuurlik ook op die perseel braai en daar is ’n gerieflikheidswinkel met pasteie, verhit-en-eetmaaltye en drankies. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Shammah Lodge  ─ Limpopo

Shammah Lodge Boekenhoutplaat 654 (S16), Mabalingwe Natuurreservaat 7, Bela-Bela, 0480, Limpopo game watching wildkyk verblyf accommodation wildkyk game watching

Bonus: Sien die Groot Vyf op die perseel.

Ons kan nie aan ’n lekkerder gesinshuis as Shammah Lodge dink nie. Hier is werklik iets vir almal én dit is in die Mabalingwe Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die reservaat spog met verskeie wildspesies wat die Groot Vyf insluit en geriewe op die perseel sluit ’n swembad en ’n tennis-, muurbal- en putt-putt-baan in. Die huis het slaapplek vir vyftien gaste en daar is selfs ’n pizza-oond. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Elephant Walk Retreat  ─ Mpumalanga

Elephant Walk Retreat Krokodilbrug, Krugerwildtuin-grens, Krokodilbrughek, 1340, Mpumalanga lekkerslaap lekkeslaap accommodation verblyf unit game viewing wildkyk game drive

Bonus: Dié lodge bied wildritte in die Krugerwildtuin 

Elephant Walk Retreat is net ’n hanetreetjie van die Krokodilbrughek af en bederf gaste met ’n uitsig oor die Krugerwildtuin en Krokodilrivier. Kies tussen nege eenhede, elk geskik vir drie tot ses gaste met braaigeriewe en ’n uitsig oor die rivier. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Syringa Sands Forest Cottage  ─ Limpopo

Syringa Sands Forest Cottage Waterberg in Limpopo lekkerslaap verblyf selfsorg accommodation game watching safari

Bonus: Kyk wild van jou stoep af.

Syringa Sands Forest Cottage is in die Waterbergsteek in Limpopo, halfpad tussen Vaalwater en Thabazimbi. Die pad na dié eenheid is ’n lieflike reis verby wildplase tot julle die selfsorgkothuis, wat in die woud skuil, bereik. Dit is geskik vir vier gaste en het ’n braai-area buite waar julle vir ure kan sit en kuier. Koedoes, elande, sebras en kameelperde loop oral rond en wildritte is beskikbaar op versoek. 

Kliek hiér vir die tariewe. 

Ons hoop jy het ’n wildkykwegbreek gevind wat jou naam roep. Bespreek dit vandag nog om seker te maak jy kry vir jou en jou gesin plek dié winter om voordeel te trek uit ons land se uitstekende wildkyk-geleenthede.

Privaat wildreservate om te besoek: 

Sabi Sabi Game Reserve wildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5
Tombavati nature reserve wildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5
thornybush game reserve wildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5
Shamwari game reserve wildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5
Balule nature reserve wildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5
Phinda game reservewildkyk game drive lekkerslaap lekkeslaap verblyf accommodation big 5

Hooffoto: Roam Privaat Wildreservaat op LekkeSlaap