Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien het in die Vrystaat grootgeword en haar Honneurs in Vertaling voltooi nadat sy deur Korea, China, Mongolië en 'n paar ander breedtegrade gereis het. Buiten haar liefde vir reis, spandeer sy die meeste van haar vryetyd met haar gesin. Tuinmaak en haar "rooskinders", soos sy hulle noem, is nóg een van haar voorliefdes.

’n Aand in die Eikestad

Of jy nou ’n student of ’n sakeman is, die Eikestad is vir jou beskore. Dié dorpie se faam mag dalk in die akademie gewortel wees, maar daar is ’n ander kant aan Stellenbosch wat enige oud-student in ’n toeris sal verander. Daar is winkeltjies om elke hoek en draai, straatjies wat onderdeur die eikebome […]

Gaan wéés by Cederkloof Botanical Retreat

Droom jy van ’n naweek weg van alles en almal? Wil jy net so bietjie wees? Wel, LekkeSlaap het onlangs die voorreg gehad om by Cederkloof Botanical Retreat net buite Citrusdal te gaan kuier en kan met alle eerlikheid sê dat dit vir ieder en elk aanbeveel word. Van die oomblik wat ons uit die […]

Die Beste in die Weste: Best Western Cape Suites Hotel

Die res van die wêreld se Best Westerns mag dalk dink hulle kraai koning, maar die beste in die weste is beslis ’n Kaapse ding. LekkeSlaap het onlangs op ’n woeste winderige dag in die Moederstad ’n draai by die Best Western Cape Suites Hotel in Zonnebloem gaan maak. Tot die vroeë 19de eeu was […]

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte […]

Ontdek die Stories Agter dié Interessante Suid-Afrikaanse Plekname

Soos gesien op Maroela Media. Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein en Bovenendvankeelafsnysleegte mag dalk die twee langste plekname in Suid-Afrika wees, maar daar is beslis talle ander algemener en interessante plekke met oorspronklike name in ons mooie land! LekkeSlaap het ’n bietjie gaan kyk waar dié name vandaan kom. Tietiesbaai, Weskus Tietiesbaai is net anderkant Paternoster in die Kaap […]

Dis Lente in die Laan

Elke Matie ken dié bekende straat en ’n besoek aan Stellenbosch is nie volmaak sonder ’n wandeling al langs die Eersterivier in die skadu van die eikebome nie. Dit was só lekker om terug in die pragtige Laan te wees ─ nie om die Varsity Cup te kyk, of haastig op pad na een van […]

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei

As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom […]

10 Lekke Braaiplekke vir Erfenisdag

Suid-Afrikaners is mos maar mal oor ’n stukkie braaivleis, en as jy nog ’n plekkie soek om dié Braaidag ’n tjoppie oor die kole te gooi, sal ons vir jou wys waar! Ons het 10 openbare braaiplekke regoor SA gevind waar jy in die sonnetjie langs die water kan baljaar. Onthou om jou eie braaitoerusting in […]