LekkeSlaap blog

Skrywer: Lisa Croeser

Lisa kom al die pad van Namibië af en het aan Universiteit Stellenbosch studeer. Sy is ’n diereliefhebber en bring die meeste van haar tyd met haar neus in ’n boek deur. As sy nie saam met haar familie kuier nie luister sy graag musiek of skryf. Sy het ’n liefde vir taal en probeer daagliks iets nuut oor tale leer.

Wonderlike wildkykplekke op LekkeSlaap

Ons land spog met soveel wildkyk-geleenthede en dit is iets wat ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie! Nee, dis iets wat ons behóórlik moet geniet, verken en ervaar. Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lys propvol uitstekende blyplekke wat perfek is vir wildkyk-entoesiaste regoor die land saamgestel. Rol af en loer ’n bietjie na […]

Mount Ceder: Verken die Cederberg behoorlik

Toe LekkeSlaap besluit het om die Cederberg te verken, het ons geweet Mount Ceder gaan een van dié beste verblyf-opsies wees ─ dit is op die hoofroete wat deur dié streek strek, dis op die oewer van die Grootrivier én dit het ’n hele rits aktiwiteite wat jou toelaat om dié magiese streek behóórlik te […]

Wat om te sien en doen in Yzerfontein

Yzerfontein is een van die min dorpies waar ’n mens régtig kan afskakel. Alhoewel hierdie Weskusdorpie uitbrei, met allerhande aktiwiteite en besienswaardighede spog én al die nodige geriewe het, het dit steeds ’n kalmerende, rustige atmosfeer wat jy nie deesdae sommer kry nie. Dit is sowat ’n uur se ry uit Kaapstad ─ perfek vir […]

10 Naweekwegbreke naby Johannesburg

Soos gesien op Maroela Media Johannesburg is ’n reusestad met ’n hele rits aktiwiteite om te geniet, maar dit kan maklik te veel raak vir diegene wat na stilte, rustigheid en ’n wegkomkans smag. Daarom het LekkeSlaap dié lysie vir Gautengers saamgestel met tien lekke plekke wat ideaal is vir ’n naweekwegbreek uit die besige […]

10 gesinshuise vir Paasnaweek

Ons word sommer vroeg in die jaar al met ’n lekke langnaweek bederf en dit is die ideale geleentheid om ’n bietjie weg te breek vóór jy die res van die jaar aanpak. Loer na LekkeSlaap se lys van die lekke’ste gesinshuise vir Paasnaweek regoor die land en bespreek sommer vandag nog julle volgende wegbreek.  […]

12 baddens met besonderse uitsigte

Daar is min dinge só lekker soos om in ’n warm bad te lê, en nóg meer as dit ’n besonderse uitsig het! Kom loer ’n bietjie na ons lys van plekkies regoor die land met baddens wat met die mooiste uitsigte spog. Headlands House Guest Lodge, Wes-Kaap Dié luukse lodge is op die hoogste […]

Lekke huisies aan die kus vir Desember

Na ’n lang jaar is daar niks so lekker soos om jou kar te pak, jou gesin in te laai en net die pad te vat nie. Desember se gees, die sonskyn en vakansietyd beteken net een ding: Dis tyd om see toe te gaan! Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lysie met ’n paar […]

12 bobaas-braaiplekke reg oor die land

Elke Suid-Afrikaner sal saamstem dat daar min dinge so lekker is soos om rondom ’n knetterende vuurtjie saam met familie en vriende te kuier. Dit is nóg lekkerder as julle dit tydens ’n naweekwegbreek of vakansie kan doen! So, bederf jou en jou gesin met ’n wegbreek by een van dié pragtige plekke wat elkeen met […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem