LekkeSlaap blog
Kategorie: Wittebrood

Verjaag die koue met dié romantiese winterwegbreekplekke
Die winter het met ’n knal arriveer en nou is daar bittermin dinge so lekker as om saam met ’n spesiale iemand voor die kaggel te ontspan. As koue aande, bordspeletjies voor die vuur, warmsjokolade-drankies en luilekker oggende in die winterson vir jou idillies klink, is dit nou tyd om jou volgende romantiese winterwegbreek te bespreek. […]

’n Wittebrood wat elke sak sal pas
Die idee van ’n wittebrood laat die meeste mense se begrotings sommer sug, maar elkeen droom tog van daardie romantiese wegbreek om jou en jou geliefde se nuwe lewenspad te vier. ’n Wittebrood is ’n persoonlike ervaring wat by die paartjie se belangstellings én sak moet pas en daarom het LekkeSlaap.co.za ’n lys met ’n […]

10 bekoorlike boomhuisblyplekke
Kom maak jou boomhuis-droom uit jou kinderjare hiér waar! Net omdat ons nie meer kinders is nie, beteken nie ons wil ook soms net ’n bietjie tussen die boomtoppe gaan wegkruip nie. LekkeSlaap.co.za het ons gunsteling-boomhuisblyplekke reg oor die land bymekaargemaak en ’n lekke lys met die nodige inligting opgestel, sodat jy jou volgende wegbreek […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie
Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet! Lanzerac Hotel […]

Beleef swierige Stellenbosch by Coopmanhuijs Boutique Hotel and Spa
Groot, blink reëndruppels rol van akkerblare af en plof op my motor se voorruit soos ek die Eikestad op ’n vroeë herfsoggend binnery. ’n Bederfnaweek lê voor by die vyfster-boetiekhotel en spa, Coopmanhuijs, wat al nege jaar lank met goeie rede die eerste plek op TripAdvisor se ranglys beklee. Jare nadat ons as studente Stellenbosch […]

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek
By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie […]

LekkeSlaap Loer in by Langkloof Roses
Dis vroeg Vrydagoggend en ons ry na Wellington in die Kaapse Wynlande. Wingerde staan op dié dag windverwaaid met die groot Groenberge in die agtergrond. Skielik verander die teerpad in ’n 2,7 kilometer lange stofpad wat jou een ding laat besef ─ jy het die rumoer van die stad vir die rustige plaaslewe agtergelaat. Langkloof […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof
Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]