Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Water's Edge

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 106, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 340 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Water's Edge Self-catering Accommodation bied luukse selfsorgverblyf in die lieflike kusdorp, Langebaan. Dit is teen die strand geleë en is gerieflik vir gaste wat graag vlieërbranderplankry, swem of net op die strand wil wandel. Stap by die hekkie uit tot reg op die hoofstrand.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede met slaapplek vir tot 8 gaste. Water's Edge 1 is 'n luukse woonstel met slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en daar is 'n bad en 'n stort in die en suite-badkamer. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolf en 'n stoof. Water's Edge 2 is 'n luukse strandhuis met slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Ander geriewe sluit 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, asook 'n eetarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, stoof en 'n oond in.

Geriewe op die perseel sluit gratis WiFi, 'n slim-TV met Netflix en DStv, en veilige parkeerplek in. Daar is 'n hele rits restaurante, koffiewinkels, klerewinkels, en 'n supermark net om die draai.

Langebaan is net 'n uur en 'n half van Kaapstad af. Interessante dorpe om te besoek lekker naby Langebaan sluit Paternoster, Velddrif, Saldanha, Darling en Hopefield in. Langebaan bied 'n verskeidenheid doendinge wat vlieërbranderplankry, baie ander watersport, gholf en fietsry by die Langebaan Buiteklub, perdry langs die strand en spa-behandelings insluit. Gaste kan enige tyd die 2 dubbelkajakke gebruik om om Schaapeneiland te roei en die ryk voël- en seelewe te geniet. Die Weskus Fossielpark is ook net 20 km ver. Neem 'n skilderagtige rit deur die Weskus Nasionale Park tot in die Posberg Nasionale Park om die pragtige Namakwalandse veldblomme in die lente te sien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 44 resensies vir Water's Edge
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Kusweg 106, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Water's Edge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 340
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 340
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 106, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA256df8315212ca241e37d29e2c49a7ee529a33453e95b045b6d893577271e48c6f3175e7af576154b40b61c2bd3b47af2d50?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 340 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 106 Beach Road Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.092222222222 18.030833333333