Umuzi Guest House
Opsomming van Resensie
Alwyn B - Jul 2019
Gemiddeld
Aangename en skoon verblyf met alles wat jy nodig het.
Umuzi Guest House se terugvoer
Hi julle dierbare twee.
Mis vir jul vreeslik hier. Dankie vir die pragtige terugvoer.
Mag jul net geseënd wees in elke fasset van jul lewe. Julle is twee besondere mense. Dit was net 'n groot plesier van ons kant af.
Vertrou om jul eendag weer te sien, maar slegs as jul kom om net lekker te kom ontspan.
Baie groete
Lulu
Kebo N - Jul 2019
Gemiddeld
Excellent service - friendly environment.
Umuzi Guest House se terugvoer
Dear Kebo,
It was absolutely lovely having you and your friends as guests. We look forward to seeing you back soon!
Regards,
Umuzi Guest House
Cathrina B - Mei 2019
Gemiddeld
Fantasties.
Umuzi Guest House se terugvoer
Hallo Cathrina
Was heerlik om jul hier te hê :- ) Sien uit om jul weer te sien.
Baie dankie vir die pragtige terugvoer.
Jul is kosbaar.
Cindy & Lulu
Ronnie G - Apr 2019
Gemiddeld
5 sterre, beslis 'n kom-weer-gastehuis.
Umuzi Guest House se terugvoer
Beste Geroldine,
Groot dankies vir jul terugvoer. Dit was heerlik om die verblyf en reëlings rondom dit vir julle te help uitstryk en so lekker as moontlik te maak. Alles was net ons heerlike plesier!
Sien uit na jul toekomstige kuiers.
Umuzi-groete,
Lulu
Gea M - Apr 2019
Gemiddeld
Mooi plekkie met 'n baie vriendelike gasvrou.
Umuzi Guest House se terugvoer
Goeie Môre liewe Gea,
Baie dankie vir die terugvoer. Waardeer dit baie.
Was heerlik om jul hier te hê. Kom gou weer kuier en groete vir die mense in daardie pragtige geweste :- )
Sout van die aarde en my wortels lê diep daar.
Baie liefde,
Lulu
Jalene E - Jan 2019
Gemiddeld
Goeie diens word gelewer en personeel is altyd vriendelik.
Umuzi Guest House se terugvoer
Goeiedag Jalene,
En so het ons lank uitgesien na jul koms en dit heeltemal te vinnig verbygegaan. Danksy jul navraag oor die braai area het ons sommer vinnig een vir jul gebou ha ha. Natallers lyk my hou van hul mobiele braaiers, maar as ons wil braai wil ons braai. So nou het almal hom sommer om te geniet. Dankie julle twee.
Was absoluut heerlik om julle hier te hê.
Jul moet gou weer kom kuier. Dan braai ons. Op die huis vir jul verseker.
Baie liefde en groete vir almal daar in my tuisdorp.
Tannie Lulu
Lizelle K - Jan 2019
Gemiddeld
Baie vriendelik en gasvry!
Umuzi Guest House se terugvoer
Goeie Middag Lizelle en Johannes
Dit was sommer baie lekker om jul hier te hê. Voel absoluut leeg sonder jul. Selfs die voëls se liedjies is korter sonder julle hier om hul so te waardeer.
Vertrou jul gaan so goeie jaar hê met baie ekstra tyd dat jul sommer gou weer kan kom kuier by ons.
Daar is nog vele om te gaan "explore". Ons ontdek elke nou en dan nog 'n pragtige plek om te geniet.
Pas julself en mekaar baie mooi op en hoor graag gou weer van jul.
Lulu en Cindy
Ferdi J - Jan 2019
Gemiddeld
Wonderlike personeel.
Umuzi Guest House se terugvoer
Hi Ferdi,
Jul eie hoekie op die stoep het skoon leeg gevoel sonder jul. Sommer nie reg gelyk sonder julle daar nie.
Bly jul het dit geniet by ons en ons sien regtig uit na toekomstige kuiers.
Mag jul super geseënd wees in hierdie jaar en net vreugde ervaar.
Cindy en Lulu
Natanja P - Des 2018
Gemiddeld
Gerieflik en sentraal met vriendelike personeel.
Umuzi Guest House se terugvoer
Hi julle.
Julle was so plesier om hier by ons te hê en so pragtige paartjie.
Net alles wat mooi is vir jul en ook vir hierdie nuwe jaar.
Keep in touch. Hoor graag hoe gaan dit met jul.
Cindy & Lulu
Leonard V - Des 2018
Gemiddeld
Vriendelik en gasvry.
Umuzi Guest House se terugvoer
Middag liewe Marise,
Dit was so heerlik om jul hier by ons te hê. Jul plekkie altyd oop hier by ons.
Wens vir jul alles wat mooi is ver bo jul drome vir hierdie splinternuwe jaar.
Groot dankie vir die trugvoer. Umuzi, staf en almal van ons hier stel dit hoog op prys.
Warm Umuzi Groete,
Lulu & Cindy
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Musselcracker 17, Meer En See, Richardsbaai, 3900, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom