Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Vale Karoo Farm

  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 014 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Vale is 'n aktiewe Karooplaas en is een van Suid-Afrika se top Dorperskaap-teelplase. Boerbedrywighede is uiteenlopend en sluit ook verskeie wildspesies in. Ons is in die hartjie van die Karoo, net 32 km vanaf die Karoo Nasionale Park, en bied 'n heerlike plaas-wegbreek.

Die plaas bied verskeie verblyfopsies en is 'n ideale, bekostigbare rusplek na 'n lang, opwindende dag in die son, óf vir gaste wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.

Dié ou plaashuis uit die 1880's is in 'n luukse, gerieflike lodge omskep en bied verblyf in 5 besonderse en suite-kamers.

Daar is 8 klipkothuise wat elk 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie het. Ons 4 gesinskothuise het elk 2 slaapkamers en 'n kombuisie. Langs die kliphuisies is daar plek vir buitelug-avonturiers om 'n karavaan of 4x4 te parkeer met 'n eie braai-area.

Die Hunter's Lodge is 'n ou klipskuur wat in gasteverblyf omskep is. Dit bied gerieflike, bekostigbare selfsorgverblyf vir 'n groep familielede of vriende. Daar is slaapplek vir tot 12 gaste. Geniet onvergeetlike aande in die boma onder die Karoo-hemel.

The Vale bied konferensiegeriewe vir groepe van tot 150 gaste. Dit is die ideale venue vir spanbou-aktiwiteite in 'n stil en rustige omgewing. Wat is dan nou beter as om 'n lang dag vol dinkskrums af te sluit met 'n braai onder die Karoo-hemel? Ons bied ook spyseniering indien vooraf gereël.

Die Vale Karoo Plaas is sowat 30 km oos van Beaufort-Wes langs die N1 tussen Kaapstad en Johannesburg, en halfpad tussen Bloemfontein en Kaapstad, elk 500 km ver. Ons het onlangs 'n paar ontspanningsaktiwiteite en verblyfgeriewe bygevoeg om die plaaservaring nóg meer opwindend te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 174 resensies vir The Vale Karoo Farm
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Vale Karoo Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groot-Karoo Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 014
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 014
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe1b7e51808fe2ce5cef533ceb3ce6652de3822de8547996bb9c881d892a2bcd3182916abb452bb4d0138316520fa0cffae87?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 014 per nag, vir 2 mense 174 5 1 5 30 km east of Beaufort West 800m off the N1 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.199147648438 22.842292785645