Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

St. Lucia Wetlands Gastehuis

B&B
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Kingfisher Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 860 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

St. Lucia Wetlands-gastehuis lê in die rustige dorpie St. Lucia, weggesteek tussen die warm Indiese Oseaan en die St. Lucia-meer. Die elegante, private goed toegeruste ruim slaapkamers is met aandag aan detail versier en het as standaard gemaklike ekstra groot beddens, elk met 'n muskietnet, asook komplimentêre toiletgeriewe, koordlose internet en 'n muurkluis. Die gerieflike gastesitkamer met 'n grootskerm-TV en kaggel bied boeke van plaaslike belang en brosjures. Ofskoon die eienaars, Hettie en Derick, op die terrein woon en enige tyd van die dag of nag bereik kan word deur die direkte telefoonverbindings in die slaapkamers, is die gastehuis vir die eksklusiewe gebruik van die gaste.

Geriewe en dienste sluit in 'n gelisensieerde kroeg, veilige parkering op die terrein en voertuigskoonmaakdiens, swembad en kredietkaartgeriewe. Komplimentêre drankie by aankoms met oriëntasie en bespreking van uitstappies. Wasgoeddiens kan gereël word en daar is 'n rokerspatio beskikbaar.

Hierdie gastehuis met ses slaapkamers en een tweeslaapkamer-gesinseenheid is goed geleë om die vele attraksies van die iSimangaliso Wetland Park (vroeër bekend as die Groter St. Lucia Vleilandpark) te verken. Die sakesentrum met sy ouwêreldse restaurante is binne loopafstand van die gastehuis af. Behalwe die seekoei wat die dorpie soms in die nag besoek, is dit veilig vir ons gaste om na die restaurante te stap.

Ongerepte strande, bos-wandelpaaie en die krokodilnavorsingsentrum is naby die gastehuis. Ander aktiwiteite sluit in perdry, twee skilderagtig geleë negeputjie-gholfbane net om die draai, kajakvaarte tussen die seekoeie en krokodille, snorkel by Kaap Vidal, begeleide bootvaarte op die St. Lucia-meer, Zoeloekultuur, diepseevisvang, walviskyk vanaf bote in die seisoen (Junie tot September). Minder as een uur se ry van die Hluhluwe/iMfolozi-wildreservaat wat gasheer vir die Groot Vyf en 'n internasionaal belangrike voëlgebied (IBA) is.

Aanhaling van oudpresident Nelson Mandela: "Die St. Lucia Wetland Park moet die enigste plek op die aardbol wees waar die wêreld se oudste landsoogdier (die renoster) en die wêreld se grootste landsoogdier (die olifant) 'n ekosisteem met die wêreld se grootste seesoogdier (die walvis) deel."

Hettie en Derick nooi jou uit om die diversiteit van hierdie park van wêreldgehalte vanuit die gerief van hul huis te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir St. Lucia Wetlands Gastehuis
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.9/5

Hettie or Derick Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 11

Jaar gelys 13

Ligging

  • 20 Kingfisher Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink St. Lucia Wetlands Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 860
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 860
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Kingfisher Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzNDNiZTYwLTNmNjUtNDg2Ni04MmFlLTU1MWM5NWFhNGQ3Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 860 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 20 Kingfisher Street St. Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -28.375174574379 32.417521476746
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem