Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sabie River Camp

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 732 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sabie River Camp bied rustige en ontspannende verblyf weg van die gejaagde stadslewe en is sowat 1 km buite Sabie op die Graskoppad geleë. Kom ervaar 'n natuurlike omgewing met die geluid van water en die natuur se naglewe.

Verblyf word in en suite-tente, tente op stelte en kampterreine gebied. Die en suite-tente het elk slaapplek vir 6 gaste. Dié tente het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kampkombuisie wat met 'n yskassie, ketel, broodrooster en tweeplaat-gasstofie toegerus is. Geen mikrogolfoonde word voorsien nie.

Die tente op stelte bied elk slaapplek aan 4 gaste. Dié tente het toegang tot ’n gemeenskaplike kombuis, ablusiegeriewe en braaigeriewe. Die kampterrein het kragpunte (gaste sal 'n driepunt-karavaan-aansluitprop benodig), gemeenskaplike krane en toegang tot ’n gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe. Gaste wat in die tente op stelte of kampterrein bly moet asb. hul eie kook- en eetgerei saambring. Mikrogolwe word nie voorsien nie.

Die Sabie River Camp is naby die Sabie-watervalle soos Lone Creek, Bridal Veil, Mac-Mac en die Groot Swaai in Graskop. Dit is ook naby die Mac-Mac-poele, Mac-Mac-woudoord en nog vele ander toeriste-besienswaardighede.

Die kampterrein spog met 'n putt-putt-baan, 'n kouewater- en verhitte swembad, 'n lapa, visvangplekke en voetslaan- en bergfietsroetes. Die verhitte swembad is onderhewig aan beskikbaarheid en elektrisiteit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 238 resensies vir Sabie River Camp
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Jolandie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 238

Jaar gelys 10

Ligging

  • Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Sabie River Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 732 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a6df4b9239326b6e80442cea25b190ccef5c14b6585fac4dc500eb1d250692d48a88dc52096a8361f007cdc7108e1947bb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 238 5 1 5 30 Plaaswaterval Sabie 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.088230653099 30.774142483826
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem