LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mont Fleur | LekkeSlaap
+46

Mont Fleur

B&B
Langtermynverblyf-aanbod

Ontvang 'n gratis aandete vir een nag vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Limberlostlaan 334, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R895 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mont Fleur lê aan die hange van die Wildernisberge met 'n asemrowende uitsig oor die see en die strandmeer.

Mont Fleur bied bekoorlike en knus en suite-dubbelkamers, sommige in die hoofhuis en sommige as aparte kothuise. Elke eenheid beskik oor 'n TV, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan lekker ontspan in die sitkamer, op die stoep of langs die swembad met 'n skemerkelkie in die hand. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Aandetes, vervoer en verblyf van kinders moet vooraf bespreek word. Vegetariese en gesonde maaltyd-opsies is beskikbaar. Die gastehuis is ten volle gelisensieerd. Spaans en Frans word hier gepraat.

Mont Fleur is baie na aan alle geriewe: van die huis kan jy na die strand stap (7 minute), strandmeer (5 minute) of na 'n groot verskeidenheid restaurante in Wildernis (10 minute). Of ontspan net heerlik op die dek by die skitterende swembad met 'n skemerkelkie in die hand.

Aangesien ons so sentraal geleë is, is Wildernis die ideale verblyf vir gaste wat die Tuinroete wil verken. Jy kan die bekende Kango-grotte by Oudtshoorn of die Knysna Koppe besoek. Gaste kan lekker gaan stap, of roei met 'n kano op die Touwsrivier of net heerlik op die luisterryke strande ontspan. Die gasvrou en gasheer, Denise en Lou, heet jou hartlik welkom en sien uit na jou besoek.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Spaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 41 resensies vir Mont Fleur
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Limberlostlaan 334, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mont Fleur het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R895
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R895
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Limberlostlaan 334, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk0OTg5MjI2LThjOTItNDkzZi04NjE0LTM5NDE3YWEwMThjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R895  per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 334 Limberlost Lane Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.991814007041 22.582697868347
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!