Meyerspoort
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meyerspoort Plaas, Karoo, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 425 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Meyerspoort is 'n plaas wat 50 km vanaf Beaufort-Wes geleë is. Dié plaas spog met asemrowende uitsigte en gerieflike verblyf. Dis in die hartjie van die Karoo waar derduisende sterreliggies saans in die hemelruim skitter. Dis rustig en stil, omring deur grasgroen weivelde en asemrowende natuurskoon.
Meyerspoort bied verblyf in 'n goed gerestoureerde en luuks gemeubileerde plaashuis op die oewer van die Plaatjiesrivier. Daar is 2 en suite-dubbelkamers. Die kombuis is volledig teogerus en die leefarea het DStv en 'n DVD-speler. Braaigeriewe en hout is beskikbaar en daar is vuurmaakplek vir die koue wintersaande. Die eenheid word daagliks skoongemaak en daar is 'n gimnasium by die hoofhuis. Linne en handdoeke word voorsien.
Hiér wag 'n unieke Karoo-ervaring en -hartlikheid op 'n skaapplaas in die Karoo.
Daar is tientalle plaasaktiwiteite en gaste kan kom kyk hoe werk 'n mens met Meatmaster-skape. Hulle kan ook koeie melk, hooi sny en bole vorm en weivelde natlei.
Slaapplek
’n Bespreking by Meyerspoort sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Meyerspoort Plaas, Karoo, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Meyerspoort het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meyerspoort Plaas, Karoo, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom