LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Makumu Private Game Lodge | LekkeSlaap
+54

Makumu Private Game Lodge

Wildsplaas
Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 23 Sep 2020 tot 4 Jan 2021.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Deel 17 van Dundee 32, KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R14 560 R10 920 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Makumu is 'n luukse privaat wildlodge wat alles insluit en vorm deel van die Klaserie Privaat Natuurreservaat in Hoedspruit. Klaserie is een van die grootste privaat natuurreservate in Suid-Afrika en is deel van die Groter Kruger Nasionale Park.

Makumu Luxury Private Game Lodge is die produk van 'n droom wat die eienaar al van sy kindertyd af koester. Die asemrowende wildlodge is met die ondersteuning van sy familie en 'n toegewyde span kreatiewe mense geskep. Hiér word jy omring met die warmte, aardse kleure en ryk teksture van Afrika.

Verblyf is beskikbaar in luukse villas, elkeen met sy eie unieke styl en dekor. Die villas het muurproppe vir elektroniese toestelle, maar word deur sagte kerslig belig. Elke kamer het 'n oorhoofse waaier en 'n privaat en suite-badkamer.

Die lodge se houtdek is aan die oewer van die Leopard-seisoenrivier geleë en word hoofsaaklik vir aandete gebruik. Gaste kan onder die oop Afrika-sterrehemel by die vuur sit en ontspan, asook due gebrul van 'n leeu of 'n luiperd en die roep van 'n uil hoor. Die lodge bied rustige en intieme boma-etes.

Daar is ook 'n swembad om in af te koel na 'n dag in die Afrika-son. Dié swembad pas in by die omringende bosveld en gaste moet dus nie verbaas wees as 'n olifanttrop hier kom kuier om hul middagdors te les nie.

Daar is 2 wildritte per dag in oop Landrover met 'n gewapende wildbewaarder en 'n shangaan-spoorsnyer op soek na die ontwykende Groot Vyf, asook die klein en groot wonders van hierdie pragtige stukkie van Suider Afrika. Wildritte word normaalweg vroegoggend en laatmiddag gedoen.

Die kans om wild te sien is goed by Makumu! Vanaf die voëllewe vroeg in die oggende soos die son oor die horison begin loer, tot ons inwonende vlakvark-gesin wat die lodge se grasperk besoek en die olifanttrop wat hulle dors by die swembad les, daar is altyd die kans op 'n wildervaring.

Let asb. daarop dat die bewaringsfooi nie by die tarief ingesluit is nie en apart betaalbaar is wanneer die bespreking gemaak word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Deel 17 van Dundee 32, KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R14 560
Vanaf R10 920
per nag (vir 2 persone)
was R14 560
Vanaf R10 920
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Deel 17 van Dundee 32, KU, Klaserie Privaat Natuurreservaat, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkYzcxNGU5LTA3NzMtNDA4Ni04NjA2LWJlNjRjNDJkYzViOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R14 560, nou Vanaf R10 920  per nag (vir 2 persone) Portion 17 of Dundee 32 KU Klaserie Private Nature Reserve 1380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-16:00 11:00 -24.145833333333 31.166111111111
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!