Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lupus Den Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ernon-weg, Lupus Den, Sundland, Addo, 6115, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 368 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lupus Den Country House is in die platteland op 'n rustige sitrusplaas in Addo, 24,6 km vanaf die malariavrye Addo-olifantpark - die derde grootste nasionale park in Suid-Afrika.

Die gastehuis het sy deure in 2004 in die vrugbare Sondagsriviervallei oopgemaak. Die sitrusplaas behoort al vir vier generasies, sedert 1984, aan dieselfde familie. Die hoofopstal en tuinkothuis skuil tussen lemoen- en suurlemoenboorde en word deur 'n uitgebreide, pragtige tuin met verskeie inheemse en skaduryke, eksotiese bome omring. Groen grasperke, skaduryke paadjies, 'n swembad en 'n oorvloed voëlgesang wag hiér op gaste.

Die gastehuis bied verblyf in kamers in die tuinkothuis of in die hoofopstal. Daar is 5 slaapkamers in die hoofopstal en 3 slaapkamers in die tuinkothuis. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, lugversorging, plafonwaaiers, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër en toiletware. Een van die slaapkamers in die hoofopstal het sy eie privaat tuin-ingang en stoep, en al die kamers het uitsigte oor die tuin. Die kamers in die tuinkothuis het elkeen 'n yskassie en 'n kluisie. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Elke kamer in die luukse tuinkothuis het 'n privaat onderdakstoep met sitplek en 'n tafel. Twee van die slaapkamers het dubbelbuitestorte en al 3 slaapkamers het gemaklike sitareas.

Die verblyf sluit 'n heerlike plaasontbyt in wat volgens gaste se dieetvoorkeure voorberei kan word. Ligte middagetes en romantiese driegangmaaltye by kerslig kan op versoek bedien word. Vars vrugte uit die tuin word by die etes ingewerk. Enige dieetvoorkeure en allergieë kan in ag geneem word. Maaltye word in die privaat eetkamer met 'n uitsig oor die tuin bedien. Daar is plafonwaaiers in die eetkamer gedurende die somer en 'n kaggel vir die winterkoue.

Die gastehuis het 'n privaat TV-sitarea met DStv. Daar is gemakstoele en rusbanke op die beskutte stoep wat met glasstapeldeure toegemaak kan word. Die deure kan ook oopskuif om toegang tot die tuin en die swembad te bied. Gratis WiFi, kredietkaartgeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Lupus Den Country House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Ernon-weg, Lupus Den, Sundland, Addo, 6115, Oos-Kaap
  • Gaste dink Lupus Den Country House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 368
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 368
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ernon-weg, Lupus Den, Sundland, Addo, 6115, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ad73f01ce05373384a76412459665e065ec97e10c5a194fde98ec47af3d2117d28fdc19afc5b64919fdf5056c4b04bdb56e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 368 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Ernon Way, Lupus Den Addo 6115 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.445961 25.5661