Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Little Sister's Accommodation

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-weg 24, Riverside Park, Colchester, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Little Sister's Accommodation is in die pragtige Sondagsrivier-dorpie Colchester sowat 40 km oos van Gqeberha (Port Elizabeth) geleë. Dit is op die oewer van die Sondagsrivier, sowat 800 m vanaf die Addo Nasionale Olifantpark se nuwe suidhek-ingang, Camo Matylholweni, geleë. Little Sister's se selfsorg-eenheid is gebou met 'n organiese en volhoubare leefstyl en 'n droom om gesond en vry te leef ingedagte.

Little Sister's is 'n dubbelverdiepinghuis met 'n leefarea op die onderste verdieping en 'n ruim slaapkamer wat na 'n houtdek op die boonste verdieping lei. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die leefarea is toegerus met 'n kombuis, etenstafel en dubbel-slaapbank. Daar is ook 'n platskerm-TV. Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste.

Daar is 'n privaat buitebraai-area, 'n privaat ingang en parkeerplek onder 'n afdak agter 'n hek wat gesluit kan word. Gaste het ook toegang tot WiFi.

Little Sister's Indlovu het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 enkelbeddens in die leefarea. Die eenheid het ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond en stoof.

Daar is 'n privaat buitebraai-area, 'n privaat ingang en parkeerplek onder 'n afdak agter 'n hek wat gesluit kan word. Gaste het ook toegang tot WiFi.

Little Sister's spog met 'n organiese groentetuin. Die huis is 200 m vanaf die pragtige Sondagsrivier en gaste kan ook die kajakke vir visvang benut, swem en 'n romantiese sonsondergang met 'n drankie geniet.

Boot- en visvang-entoesiaste kan hul bote by Little Sister's se jetty vasmeer, daar visvang en die sonsondergang geniet. Die Sondagsrivier spog met gespikkelde knorhaan en silwer kabeljou as die algemene visspesies wat heel jaar teen dié oewers te siene is.

Doendinge in die area sluit bergfietsry, duinplankry, vierwiel motorfietsry, kajak, wildritte met 'n toergids in die Addo Nasionale Olifantpark, bootritte op die Sondagsrivier, Ziplining by Addo Adrenaline en besoeke aan die top Suid-Afrikaanse nasionale en privaat wildreservate in die omgewing in.

Veiligheidsmaatreëls wat deur Little Sisters toegepas word vir die Covid-19: Handhaaf 'n self-inklok- en self-uitkloksisteem (op versoek van gas).

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 39 resensies vir Little Sister's Accommodation
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Yolandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Jaar gelys 6

Ligging

  • Kingfisher-weg 24, Riverside Park, Colchester, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Little Sister's Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-weg 24, Riverside Park, Colchester, 6001, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA693bf7c26a03e2eeee3327e2de462c5b3d10bd1144be30aafe9edd1c54accc870fcc945ee54fa7dabbdbdaf99536f0ca2bf2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6) 39 5 1 5 24 Kingfisher Road Riverside Park 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.698354 25.799073
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem