Ladybrand Lavender Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Prinsloo Straat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R990 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ladybrand Lavender Cottage bied gerieflike akkommodasie in een van die oudste sandsteengeboue in hierdie unieke dorpie in die Vrystaat, net 15 km vanaf die lewendige stat Maseru in Lesotho.
Ons het 3 en suite-dubbelslaapkamers in 'n kothuis-styl met houtvloere en privaat ingange. Die beddens is oorgetrek met elektriese komberse en puik linne, en elke slaapkamer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, beskuit, 'n kraffie sjerrie, TV met DStv (Premium), verwarmers, gratis WiFi en 'n kombuisie. Verder het elke kamer ook 'n alarm en veilige parkering is beskikbaar agter die hek in die inrypad. 'n Tuisgemaakte ontbyt word soggens bedien en middagete en aandete is beskikbaar op versoek. Etes word voorgesit in die snoesige eetkamer of in die gaste se kamers. Gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n wasgoed- en motorwasdiens is ook beskikbaar. Klein troeteldiere is welkom.
Ladybrand is 'n unieke landboudorpie in op die Maloti Drakensbergroete in die Oos-Vrystaat. Dit is die naaste dorp aan Maseru op die Lesotho-grens. Ladybrand word beskou as die toegangspoort tot die Bergkoningkryk en is net 135 km van Bloemfontein af. Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit die volgende in: Whimsical Living LIfe Station Cafe, Ladybrand Gholfklub, staproetes en die Basotho Kultuurdorp.
Opsomming van Resensie
Ligging
- 5 Prinsloo Straat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
Sien meer verblyf in Ladybrand Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Prinsloo Straat, Ladybrand, 9745, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom