Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kearsney Manor

Gastehuis
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R74 Greytown-pad, Erf 1, Kearsney, 4450, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kearsney Manor is op 'n oorspronklike suikerlandgoed geleë, naby Stanger in die KwaDukuza-distrik. Kearsney Manor is 'n ou Engelse herehuis wat in die laat 1800’s deur Heer James Liege Hulett gebou is. Hierdie ongelooflike koloniale landgoed word erken as 'n Erfenisterrein en dit was eens die tuiste van die oorspronklike Kearsney College. Die landgoed is opgeknap en dit is 80 km van Durban af teen die Noordkus van Natal geleë.

Verblyf word aangebied in 18 gerieflike kamers waar outydse Engelse dekor soomloos vervleg word met moderne geriewe.

Daar is 4 kamers wat nie en suite-badkamers het nie. Die kamers is smaakvol versier en baie gemaklik. Die kamers beskik oor koffie- en teemaakgeriewe. Die luukse, gemeenskaplike badkamers is 10 m van die kamers af en bied aan gaste die opsie van 'n bad of stort, 2 toilette en 2 wasbakke.

Die 11 en suite-kamers is baie oop en ruim. Die kamers is versier met antieke afwerkings en die badkamers het moderne stortgeriewe.

Daar is ook 2 luukse suites. Elkeen van die suites het 'n koninggrootte-bed, 'n sitarea en 'n komvenster met 'n lieflike uitsig oor die netjiese tuine. Dit is die ideale plek waar gaste kan sit en 'n boek lees. Die groot en suite-badkamer is toegerus met 'n dubbelwasbakeenheid, stort en 'n vrystaande pootjiesbad.

Die Presidensiële kamer word gebruik as 'n wittebrood-kamer. Dit is beskikbaar vir die bruidspaar as die troue by ons gehou word.

Die lieflike uitsigte en die stilte maak van Kearsney Manor 'n uitstekende trou-venue aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Die lieflike kapel is oor die 100 jaar oud en verklaar as 'n erfenisterrein. Dit word omring deur suikerriet en spog met ongelooflik baie karakter en bekoring.

Daar is sitplek vir 110 gaste in die kapel. Vir groter troues kan die seremonie ook in die netjiese tuine gehou word. 'n Sjef is beskikbaar om heerlike disse voor te berei.

Kearsney Manor is ook die ideale keuse vir jou volgende konferensie, opleiding-seminaar of spanbou-geleentheid. 'n Privaat konferensiekamer met sitplek vir 60 gaste is beskikbaar (afhangende van die uitleg). Dit het lugversorging en is toegerus met al die moderne tegnologie. Die rustigheid van die venue sal verseker dat jou span lekker kan ontspan en mooi fokus.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Sekretariële Geriewe
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.1 uit 5van 2 resensies vir Kearsney Manor
Netheid
3.0/5
Diens
2.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.1/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Jaar gelys 7

Ligging

  • R74 Greytown-pad, Erf 1, Kearsney, 4450, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kearsney Manor het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordkus KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 160
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 45 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R74 Greytown-pad, Erf 1, Kearsney, 4450, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQyZjBhMDI3LTVmMTYtNDJkYy1iYTYxLTIxNTQzZWU0MDE5ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense 2 5 1 4 R74 Greytown Road Plot 1 4450 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.287401 31.240698
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem