Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kamas Plaas

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 16 resensies vir Kamas Plaas
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5
Delene D - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Delene D
Gesin met tieners

'n Plek om jou siel te voed.

Hierdie is 'n versteekte juweel wat oorval sal word met besprekings as dit ontdek word. Die huis is ruim met 'n asemrowende uitsig reg rondom. Die fotos kan nie reg doen aan die realiteit nie. Dit is met sorg, smaak en kwaliteit toegerus. As jy nodig het om te rus in stilte en afsondering en jou siel te voed op die natuur en sterrehemel is dit jou plek. Bespreek langer as wat jy dink jy wil bly. Daar is goeie WiFi opvangs (maar jy gaan nie werklik lus wees vir jou stadsgewoontes nie). Ons het in niks ontbreek nie. Redelike ent per grondpad, ons het dit met 'n sedan reggekry maar dit is nie wenslik nie, ry maar met ietsie hoër.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Hello Delene, dit was so wonderlik om jou te ontmoet. Baie dankie vir die pragtige woorde - ons waardeer dit so baie. Mag dit goed gaan met jou en dit sal lekker wees om jou weer te sien.
Groete, Ina en Elise.

Kamas Plaas
Tineke M - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tineke M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie waarde vir geld.

Netjies gerestoureerde plaashuis 5km vanaf die hoof plaas werf op 'n werkende plaas. Gratis WiFi en sonkrag. Pragtige uitsig en lekker stapgeleenthede. Vriendelike en behulpsame gasvrouens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Elisma O - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elisma O

Lekker gebly!

Skoon en alles wat jy nodig het. Blêrrie netjies! Ons het baie lekker gebly!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Anneke V - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anneke V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflike natuurskoon op 'n pragtige afgeleë plaas.

As jy hou van stilte en rus, maar tog gemak soek, is dit die plek vir jou. Pragtige huis, pragtige natuur, lekker oefening om hekke oop- en toe te maak, wonderlike gasvroue. Baie lekker, baie dankie Elise en Ina!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Hello Tineke - hoe heerlik om van julle te hoor. Baie dankie, ek waardeer die terugvoering. Voorspoed vorentoe en ons hoop om weer te sien.
Baie groete, Ina

Kamas Plaas
Elmari R - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmari R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Besonder keurige en skoon verblyf.

Die huis is smaakvol en baie goed toegerus. Die stilte is wonderlik. Die helderste sterre wat ons al beleef het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Beste Elmari,

Baie dankie vir julle terugvoer, ons streef daarna om te verbeter soos die tyd aanstap, ons is nog in ons kinderskoene.
Maar dit was heerlik om julle hier te kon ontvang. Veilige terugreis en mag dit n wonderlike jaar verder wees. Hoop om julle weer te sien.

Groete, Ina

Kamas Plaas
Paul G - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Paul G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker boere kuier.

Gasvryheid was uitstekend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan J - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan J
Saam met vriende

Uitstekend, rustig.

Sal weer daar bly en definitief vir 'n lang periode. Eienaars is baie behulpsaam en gasvry.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Was heerlik om julle te ontmoet. Altyd welkom.
Veilig wees.
Ina en Elise

Kamas Plaas
Ronelle R - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronelle R
Saam met vriende

Baie lekker

Die pragtigste huis, diep in die berge,ver van die hoofpad, maar absoluut die moeite werd. Ons is verwelkom deur 2 wonderlike susters van die Namakwaland. Sal beslis aanbeveel en self weer terugkom om langer te bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Baie dankie vir die prag woorde. Was heerlik om julle te ontmoet. Kom loer gerus weer in. Veilig wees.
Blessings.
Ina en Elise

Kamas Plaas
Annemarie L - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annemarie L
Saam met vriende

Pragtige, rustige plekkie in die middel van Namakwaland en baie goed toegerus.

Moenie afgeskrik wees deur die plaashekke nie. Dis 'n avontuur op sy eie. Dit was 'n heerlike kuier en nogal 'n lekker verrassing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Ezelle M - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ezelle M
Saam met vriende

Kamas is 'n versteekte juweel.

Stilte vir die siel. Vriendelik, opreg, fantastiese verblyf, 'n huis weg van die huis. Liefdevolle mense, plat op die aarde baie dankie Ina en Elize. Julle sien ons definitief weer, het die stilte en plaas lewe baie geniet en kon lekker op die stoep sit of lê en sterrekyk, die sonsondergang op die eskarpment agter die huis het die mooiste uitsig en ons kon kyk hoe die sterre uitkom. Die huis is skoon en net en het alles wat jy nodig het om te ontspan, aande was daar lekker gekuier om die groot tafel met die binne braai. Kamas is werklik 'n besoek werd.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Liewe Ezelle en vriende,
Wat 'n verrassing en 'n sieraad van prag woorde - ons is so bly julle het dit geniet. Dit was weliswaar so lekker om jul jong klompie te kon ontmoet en hoe lekker om te weet dat jong mense nog sulke stilte en vreedsaamheid geniet.
Ons sien uit na 'n kuiertjie weer. Baie dankie dat julle die huis so netjies agtergelaat het.
Groete Elise en Ina

Kamas Plaas
Wilma Daniels D - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilma Daniels D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stil, nagte op die stoep. Was pitkos vir my siel.

Heerlike, rustige plaasatmosfeer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Amanda V - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amanda V
Saam met vriende

Vrede op aarde.

Baie dankie aan Ina en Elize vir hulle gasvryheid. Ons het gestap op die plaas as jy wil rus en vrede hê is dit die perfekte wegbreek Ons sal beslis weer hier tuisgaan, luukse verblyf op die plaas, nogmaals baie dankie vir 'n pragtige fasiliteit.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Theunsina Christina S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theunsina Christina S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike verblyf in 'n pragtige, skoon en netjiese huis.

Kamas Plaas is 'n prentjiemooi plaas met pragtige blomme! Die gasvrou het ons baie welkom laat voel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Hallo Amanda en vriendinne,

Baie dankie vir julle terugvoering. Ons is nog in ons babaskoene en ons probeer verbeter. Ons sien uit om julle weer te sien. Wees veilig en ry veilig.

Groete, Ina.

Kamas Plaas
Michael S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Michael S
Saam met eggenoot / lewensmaat

A very pleasant farm stay.

Something to bear in mind is that the borehole water is brakish, so take your drinking water. We did, so no problem. There is no Eskom power. Their power comes from solar. Use sparingly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Frans L - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frans L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi.

Die huis is goed toegerus, privaat en baie mooi.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marianne D - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marianne D
Gesin met klein kinders

Hartlike Namakwalandse-gasvryheid.

Ons gesin was die naweek by Kamas Plaas. Ons het die plaaspad na Kamas gevat, en ons kinders het beurte geneem om die plaashekke oop te maak. Ons is hartlik ontvang deur Elize. Liewe mens. Die huis is so mooi en baie goed toegerus met alles wat mens kan benodig. Die binnebraai en kuierarea wonderlik. Die natuurskoon is asemrowend mooi. Die enigste ding wat ons sal verander, is om volgende keer langer by Kamas Plaas te gaan bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Kamas Plaas se terugvoer

Marianne, so baie dankie vir die pragtige woorde. Ons is nog nuut in die proses en het nog baie om te verander of dalk te verbeter. Ons waardeer die pragwoorde. Ons sien uit om julle weer te ontvang.
Baie seenwense en wees veilig.
Groete Ina, namens sus Elise.

Kamas Plaas
Vanaf
R2 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R2 200
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kamas-plaas, Garies, Namakwaland, 8220, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd33a1f107ca77168607b8eeecd471469195a083438bff4116739632ebf30c0ae95830a86da34d7c99b01991cfd8ab0231ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense 16 5 1 5 Kamas Farm Garies 8220 Noord-Kaap 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -30.686575187138 18.216536304026