Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalahari Hide

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kalahari Hide is op 'n plot net 5 km buite Kuruman. Die verblyf is ideaal vir reisigers wat na die Weskus, Kgalagadi of Namibië reis en die Moffat-sendingstasie is reg agter die plot en die nuwe Mokala Mall met 'n restaurant en winkel is sowat 1 km weg.

Kalahari Hide bied 'n plaasatmosfeer met verblyfopsies om van te kies.

Die kothuis het slaapplek vir 'n maksimum van 5 gaste. Dit is 'n redelike afstand van die hoofhuis af en dus lekker privaat. Daar is 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer beskikbaar. Die kombuis is volledig toegerus en het 'n wasmasjien. Die oopplan-eetarea en -sitarea het 'n TV en DStv met sekere kanale wat KykNET, M-Net en Supersport insluit. Die stoep het sy eie braaiplek en daar is ook heelwat parkeerplek voor die kothuis.

Die semi-selfsorgkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamers met storte. Elke eenheid het lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en 'n verskeidenheid breekware. Daar is 'n TV het sekere DStv-kanale wat M-Net, KykNET en Supersport insluit. Die kamers is baie privaat en agter die gemeenskaplike lapa geleë.

Die semi-selfsorgeenheid vir 'n gesin is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed, 'n enkelslaapbank en 'n privaat badkamer met 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit 'n TV en lugversorging in en daar is 'n privaat braai by die agterdeur uit.

Die swembad en lapa met braaigeriewe is naby die kothuis, en al die kamers en gaste is welkom om dit te gebruik. Dit is slegs vir die gebruik van Kalahari Hide se gaste en geen kinders sonder toesig mag die swembad gebruik nie.

Kuruman bied verskeie besienswaardighede onder meer die Boesmansgat Sinkgat, die Moffat-sendingstasie, die Truce Tree en die Wonderwerk-grotte.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 142 resensies vir Kalahari Hide
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Janet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 142

Jaar gelys 6

Ligging

  • Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Hide het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA21dd0c6b58b177e2b0c2070d67610e96d82639522490cac26357c8fafb1a197bef781554944246da485b94a18a4231a50341?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 142 5 1 5 130 Seodin Road Kuruman 1038 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.418927891017 23.433809134254
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem