Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jansen House Boutique Manor

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: King-straat 9, Irene-sekuriteitskompleks, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jansen House Boutique Manor is 'n geskiedkundige gastehuis met ouwêreldse bekoorlikheid. Dit is in die gegoede en veilige voorstad Irene geleë, en is na aan verskeie sake-distrikte en die vernaamste snelweë.

Die stylvolle verblyf het slaapplek vir 12 gaste in 6 smaakvol gemeubileerde kamers met privaat ingange. Elke kamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Elke kamer is ook ingerig met 'n TV, DStv, yskassie, mikrogolfoond, en tee- en koffiemaakgeriewe. Ekstra geriewe sluit 'n Weber-braai, gratis WiFi (Fibre) en veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek in. Sonpanele met batterye bied ononderbroke elektrisiteit, TV en internet.

Irene is na aan verskeie sake-distrikte en bied maklike toegang tot die R21 en N1. Die gastehuis is ook net 25 minute se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe af, en 'n pendeldiens kan gereël word. Dit is ook gerieflik na aan Groenkloof, Brooklyn, Centurion en Midrand. Die R21-kantoorpark en die Hoëveld-tegnopark is net 5 km van die gastehuis af, en die gastehuis bied ook maklike toegang tot groot winkelsentrums soos die Irene Village Mall, Southdowns, Menlyn Park en Brooklyn Mall. Verskeie restaurante is nabygeleë en die bekende Irene Bistro en Irene Suiwelplaas is stapafstand van die gastehuis af. Sport-entoesiaste sal bly wees om te verneem dat Jansen House ook net 3 km van die Irene Country Club af geleë is, waar daar 'n 18-putjie gholfbaan, 6 tennisbane, 'n rolbalbaan en 'n muurbalbaan in 'n parkagtige omgewing is.

Irene is 'n stil en veilige voorstad en die boomryke buurt is ideaal vir gaste wat hou daarvan om vroegoggend te gaan fietsry of draf, of net lekker lang ente te gaan stap en die voëls van die omgewing te bewonder.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 31 resensies vir Jansen House Boutique Manor
Netheid
4.6/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • King-straat 9, Irene-sekuriteitskompleks, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Jansen House Boutique Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: King-straat 9, Irene-sekuriteitskompleks, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA514770feff9800acd773ac0c106fed80982f01f601fa0519c6282146bfe8c2c398c708dda36f209152d0eedf9b5d3e12c89f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 9 King Street Irene Security Estate 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.875672398999 28.219563373016