Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greeff Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guinessville Plaas, Rooiheuwel, 8 km vanaf Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R790 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Greeff Cottage beskik oor 2 selfsorgkothuise op 'n volstruisplaas. Dit is net 8 km van Oudtshoorn af en die uitsig op die Swartberge is asemrowend.

Greeff Cottage het slaapplek vir 8 gaste in 2 aparte eenhede. Die groot gesinskothuis (Benmonca) bied slaapplek aan 5 gaste in 2 slaapkamers en daar is 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -woonkamer, asook 'n speelkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Daar is 'n stort, wasbak, en toilet in die tweede badkamer. Handdoeke word voorsien en daar is plafonwaaiers.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met alles wat jy benodig. Ekstra vrieskasruimte is beskikbaar op versoek. Die leefarea het lugversorging, 'n binnebraai, eetkamertafel, 'n TV met Netflix en 'n DVD-speler. Daar is 'n versameling kinder-DVD's, asook gratis WiFi.

Die kothuis is kindervriendelik en kinders van alle ouderdomme is welkom. Daar is speelgoed en boeke vir kinders en babas in die speelkamer. 'n Babastoel en badstoeltjie is beskikbaar op versoek. Daar is ook 'n waskamer met was- en strykgeriewe en 'n wasmasjien.

Die tweede, kleiner eenheid (Lentelus) het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n oopplanleefarea met 'n kombuisie, etenstafel en 'n kaggel, sowel as 'n enkelbed vir 'n derde gas en lugversorging. Die slaapkamer het 'n plafonwaaier. Geen kinders onder 2 jaar word in hierdie eenheid toegelaat nie.

Buite die kothuise is daar 'n braai-area waar gaste lekker kan ontspan en die plaasatmosfeer kan geniet terwyl hulle braai. Op versoek kan gaste ook van ons braailapa gebruik maak.

Daar is oorgenoeg ruimte vir kinders om te speel, hardloop en fiets te ry. Genoeg parkeerplek is beskikbaar. Ons is egter ongelukkig nie troeteldier- of rolstoelvriendelik nie. Rook en vaping word nie in die kothuis toegelaat nie.

Die omgewing is veral gewild onder fietsryers en daar is heelwat voetslaanpaaie op die plaas en in die omgewing. Onthou om jou fiets saam te bring. Die Klein-Karoo se natuurskoon lok talle fotograwe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 141 resensies vir Greeff Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Guinessville Plaas, Rooiheuwel, 8 km vanaf Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greeff Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R790
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guinessville Plaas, Rooiheuwel, 8 km vanaf Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA629a725f3d57f8e4b16a892880f6e3fe1ff747d091322c4aa43792b48fd2b94b82319a6df7323d8b6ff206e06071be2d3b10?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag, vir 2 mense 141 5 1 5 Guinessville Farm Rooiheuwel 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.61904411875 22.299038171769