LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Foxy Crocodile Bush Retreat | LekkeSlaap
+95

Foxy Crocodile Bush Retreat

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 995 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Foxy Crocodile Bush Retreat skuil in die Afrika-bos en bied alles wat jou hart begeer. Die ruim chalets is ontwerp om die natuur in te nooi, terwyl gaste ten volle ontspan en herlaai. Die oord skuil in Marlothpark, knus teen die oewer van die Krokodilrivier langs die wêreldbekende Krugerwildtuin.

Die chalets het verskeie ontspanningsareas wat na buite lei. Hier kan gaste met 'n boek ontspan, 'n middagslapie vat, voëlkyk of diere in hul natuurlike habitat besigtig.

Meeste van die eenhede het WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n privaat plonspoel en 'n boma of braaigeriewe. 'n Kontinentale ontbyt kan vooraf teen 'n ekstra koste gereël word. Die oord het ook piekniekmandjies, safaris op 'n oop voertuig deur die Krugerwildtuin en ander dienste wat gaste kan bespreek.

Andersins kan die personeel namens gaste 'n bespreking maak vir toegang na die Krokodilhek. Die personeel kan ook avontuurbesprekings behartig.

Foxy Crocodile Bush Retreat is geskep met paartjies in gedagte. Mark en Gail was daarop uit om 'n romantiese ruimte te skep waar paartjies kwaliteittyd saam kan deurbring. Dit is duidelik te sien in die detail wat van hierdie oord 'n asemrowende, romantiese wegbreek maak.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 25 resensies vir Foxy Crocodile Bush Retreat
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Foxy Crocodile Bush Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 995
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 995
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 4401, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb70db4bc4ccc43b297090e48520a8db6aba53aac72b33b772515ac3116c2d4ddea2ee8bc6df6d17e870617b2a7ec27be46b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 995  per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 4401 Seekoei Road Marloth Park 1320 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.358901 31.809839
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!