Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ezulwini Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 76 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot H 108, Valsbaaipad H414, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ezulwini Game Lodge is 'n stukkie hemel op aarde op 'n pynappelplaas met volop voëllewe en wild. Rooibokke, njalas, sebras, kameelperde en die skugter bosloerie, om maar 'n paar te noem, is by hierdie lodge te sien.

Akkommodasie word voorsien in 27 gerieflike kamers, elkeen met 2 enkelbeddens, 'n en suite-stort en toilet en 'n koffiehoekie met 2 stoele waarop jy rustig kan sit en ontspan met 'n beker boeretroos.

As jy nader aan die bosveld wil kom, kan jy gerus een van die 4 kothuise bespreek. Elke kothuis het 2 enkelbeddens, 'n stort, toilet en volledige kombuis. Buite is daar 'n lekker braai-area waar jy gehalte tyd met 'n drankie in jou hand en jou geliefde aan jou sy kan deurbring.

Die lodge het ook 'n wonderlike hut met 'n volledig toegeruste kombuis en eetkamer waar jy en jou vriende lekker kan kuier ver van die rumoer van die alledaagse lewe af. Die hut het 2 slaapkamers, een met 1 dubbelbed en die ander een met 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het sy eie badkamer en daar is 'n lieflike braaiplek buite waar jy kan sit en ontspan.

Groter gesinne kan die drieslaapkamerhuis met kombuis, sitkamer en eetkamer bespreek. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander twee slaapkamers deel 'n badkamer.

Koel gerus af in ons lieflike swembad as die hitte jou knou.

Die vriendelikheid en gasvryheid van Ezulwini Game Lodge se personeel sal jou sommer al met die intrapslag tuis laat voel!

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir Ezulwini Game Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Plot H 108, Valsbaaipad H414, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ezulwini Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 76 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot H 108, Valsbaaipad H414, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1476c60e099207ba20462b97e381e9a2be462227eba6eb65585ac2c6d5944d6bce6c2d53b8e8afe4f98b16aa383bf9c2a8d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Lot H 108 False Bay Road H414 3960 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.98299492811 32.337215096481