Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Estuary Breeze

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Charles Te Waterstraat 38, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Estuary Breeze bied uitstekende selfsorgverblyf in die hartjie van die Tuinroete op Die Eiland in Sedgefield. Estuary Breeze is aan die oewer van die Swartvleirivier in die Sedgefield Bewarea geleë. Die verblyf se ligging reg teen die water is ideaal vir swem, hope pret met kajakke, kano's en bote op die rivier.

Die akkommodasie bestaan uit 2 aparte, volledige selfsorg-eenhede. Die hoofhuis en die kothuis, wat apart of saam bespreek kan word, het slaapplek vir 12 mense op beddens en addisionele gaste op slaapbanke. Die hoofhuis het slaapplek vir 6 mense op beddens en nog 'n paar op matrasse. Die kothuis bied slaapplek vir 6 mense op beddens en nog 2 op 'n slaapbank.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is ook 'n kombuis, 'n sitkamer en 'n eetarea. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, breekware, eetgerei, toebehore, 'n ketel en 'n broodrooster. Die opwaskamer beskik oor 3 wasbakke, 'n skottelgoedwasser, 'n yskas-vrieskas, kisvrieskas en 'n wasmasjien. Die aparte sitkamer het 'n ingeboude braaiplek, 'n eetarea en 'n TV met DStv, 'n toilet en 'n wasbak. Hierdie kamer is ingerig met 'n slaapbank en kan ekstra mense akkommodeer. Die 2 kamers met rivier-uitsigte beskik elk oor 2 ekstra lang enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Al die beddens is oorgetrek met perkallinne. Die 1 badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Daar is enkelbedmatrasse beskikbaar vir ekstra mense.

Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die kombuis, sitkamer en eetarea is alles oopplan en ten volle toegerus. Die kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, breekware, eetgerei, toebehore, 'n ketel en 'n broodrooster. Die slaapkamers, waarvan een oor 'n en suite-badkamer beskik, is toegerus met enkelbeddens. Die 1 slaapkamer het plek vir 2 ekstra matrasse en alle beddens is opgemaak met perkallinne. Die en suite-badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Daar is ook 'n braai- en kuier-area buite vir gaste se gebruik. Daar is enkelbedmatrasse beskikbaar vir ekstra mense.

Omtrent 30 m van Estuary Breeze af is daar 'n plek waar bote in die rivier gelanseer kan word. Sedgefield het ook 4 strande! Die dorp is tussen Knysna en Wildernis geleë, so dis ideaal vir reisigers wat hierdie deel van Suid-Afrika wil verken.

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 27 resensies vir Estuary Breeze
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Jaar gelys 8

Ligging

  • Charles Te Waterstraat 38, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Estuary Breeze het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Charles Te Waterstraat 38, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUyMGQ2ZWQyLWI3MmYtNDNkNC05OTExLWQ5NTRiOGY0ZTQ3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 27 5 1 5 38 Charles Te Water Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.0186115407 22.777592130619
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem