Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

D.V. Engelhijs

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Verblyf reg by die see! Stap net oor die straat dan is jy op die strand! Word wakker met die geruis van die see wat so te sê op jou voorstoep is! Geniet 'n skemerkelkie op die stoep terwyl jy die sonsondergang dophou. Die eenheid is stapafstand van verskeie restaurante af geleë. D.V. Engelhijs bied gerieflike selfsorgverblyf in die pragtige historiese vissersdorpie Paternoster, met sy afgewitte huisies, lang uitgestrekte strande en asemrowende sonsondergange.

Verblyf word in smaakvol ingerigte eenhede, wat met spesiale kunswerke versier is, gebied. Die eenhede beskik oor slaapkamers met koningingrootte-beddens, badkamers en kombuise wat vir selfsorg toegerus is. Elke eenheid het 'n TV, sy eie ingang, asook 'n privaat patio en braai-area. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste het ook toegang tot parkeerplek op die perseel voor die huis.

Paternoster bied verskeie aktiwiteite soos seil, seilplankry, perdry, kajakvaart en e-fietse. Gaste kan die Cape Columbine Natuurreservaat, sowat 20 minute weg en die Weskus Natuurreservaat, sowat 45 minute weg, besoek. Vir die gholf-entoesiaste is daar 'n gholfbaan in Langebaan, sowat 'n halfuur weg en een in Shelley Point, wat net 20 minute ver is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 179 resensies vir D.V. Engelhijs
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink D.V. Engelhijs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 36, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd599c1857eb5f964dc90ef85e6479c0c015788eb216526b3d72c168815fac866e99608d852bb8d1256d924415a12d099eb8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 179 5 1 5 36 Strandloper Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.807984 17.893465