Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Herehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Herehuis is in die laat 1800's gebou deur Heer Kieser van Engeland en is twee strate vanaf die besige N1, in die stil dorp, Beaufort-Wes geleë. Dié gastehuis is ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad of George en het 'n romantiese en unieke styl in die hartjie van die Groot-Karoo.

Verblyf beskik oor 17 luukse eenhede, waarvan 6 opgeknapte en uniek versierde perdestalle is. Elke eenheid het katoenlinne, anti-allergeniese duvets en kussings, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi, insekweerder, haardroër, seep, sneesdoekies, lugversorging en warm komberse.

Langsaan die swembad is daar 'n tuin waar kinders kan rond baljaar en 'n groot onderdakbraai-area met 'n kombuisie. Karoo-lambraaipakke is beskikbaar, mits vooraf reëlings getref is. Die eetkamer het 'n heerlike sondak-eetkamer wat Maandae tot Saterdae oop is vir ontbyt en aandete en is bekend vir smaaklike Karoodisse en ontbyt. Bespreek asb. voor aankoms.

Die Herehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke en daar is geslotekringtelevisie. Daar word Engels en Afrikaans by die gastehuis gepraat. Rook word in die tuin en op privaat stoepe toegelaat.

Troeteldiere is welkom indien vooraf reëlings getref is. 'n Ekstra troeteldierfooi sal per troeteldier gehef word.

Die gastehuis is net 6 km vanaf die Karoo Nasionale Park met 'n lieflike uitsig-roete en meer as 6 000 fauna- en floraspesies. Die park bied ook 'n tuiste aan 5 skilpadspesies - die meeste in enige bewarea ter wêreld. Die park het ook uitdagende 4x4-roetes in die berge, asook fietsry-, voetslaan- en fossielroetes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 443 resensies vir Die Herehuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Herehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 360
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxZjVhMGZjLWZiMGYtNDQ2Ni05NmFkLWY4OWJlYjM2MjA5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense 443 5 1 5 15 De Villiers street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352338068822 22.586047947407