Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cyara

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 3099, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cyara is 'n selfsorgvakansiehuis met 3 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste in Clarence-rylaan in die Kogelberg Biosfeer. Dis langs die Walvisroete, een van die mooiste roetes in die wêreld! Gaste kan ontspan in hierdie fynbos-koninkryk met 'n 180°-uitsig op die berg en oor die see. Meeste nodige geriewe is tot gaste se beskikking.

Die gashere, Guy en Alta Roberts, woon in 'n woonstelletjie op die perseel en ag gaste se privaatheid net so belangrik soos hul eie. Hulle is egter altyd beskikbaar om te help.

Die slaapkamer op die onderste verdieping is toeganklik vir gestremde gaste en het 1 enkelbed en 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak. Op die boonste verdieping is die hoofslaapkamer met 1 koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 1 enkelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Albei kamers op die eerste verdieping lei na die toegeboude balkon met 'n asemrowende, onbelemmerde uitsig oor die see oorkant die pad. Beddegoed vir 4 gaste word voorsien en badhanddoeke word vir gaste wat 5 nagte of langer bly voorsien.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n vierplaatgasstoof, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, strykyster en -plank, ketel, broodrooster, 'n menger, breekware en eetgerei vir 4 gaste. Die sitkamer het 'n eetkamerstel vir 8 gaste. Daar is oorgenoeg sitplek om saam met vriende en familie rondom die groot ingeboude braai te kuier. Weens brandgevaar in die fynbos-omgewing word buite-braaie sterk afgeraai. Daar is 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie HD- of Explora-dekodeerder en slimkaart saambring. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste wat 5 nagte of langer bly mag 4 dagbesoekers hê indien dit vooraf gereël word. Ander gaste mag nie besoekers hê nie.

Daar is skadu-onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Cyara is teen die kus en kyk uit oor die pragtige DeWetsbaai. Op 'n helder dag kan gaste selfs die hele kuslyn van Stony Point af tot by Hermanus en Gansbaai sien. Die Kaap, wynlande, Overberg en talle van die Wes-Kaap se mooiste besienswaardighede is minder as 'n uur se ry ver. Bettysbaai se hoofstrand en Kleinmond se Blouvlagstrand, Sandown-strand, is minder as 8 minute se ry van die verblyf af.

Slaapplek

’n Bespreking by Cyara sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 94 resensies vir Cyara
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Clarence-rylaan 3099, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cyara het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 3099, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA15cd73e4bd101a8fcb64737478a147a48e106a45781d5a4dbe0a766d71266d3a78472d0b9f81ded53bd43e48bfc4b32e95db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 94 5 1 5 3099 Clarence Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -34.3574089 18.969785