Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

CasaBac

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

CasaBac is in die boomryke woonbuurt, Faerie Glen, in Pretoria-Oos en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 2 gaste in 'n veilige en stil omgewing. Die akkommodasie is naby Garsfontein, Die Wilgers, Menlyn, Wapadrand en ander voorstede in Pretoria-Oos.

Verblyf is beskikbaar in 'n selfsorg ateljee-eenheid wat grens aan die hoofhuis, maar 'n privaat ingang het. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite badkamer met 'n stort en aparte toilet, sowel as 'n haardroër, kleredroograk en strykyster. 'n Gasverwarmer en waaier word voorsien. Die eenheid is lekker koel in die warm somermaande.

Die kombuisie het 'n wasbak, mikrogolf, yskas-vrieskas, elektriese braaipan, eenplaatgasstoofie, eetgerei, 'n broodrooster, 'n rasper en tee- en koffiemaakgeriewe. Beskuit word voorsien. Buite is daar 'n privaat stoep met 'n Weber-braai.

'n Lessenaar is beskikbaar vir sakereisigers, 'n TV met die volledige DStv-pakket en gratis WiFi. Die eenheid is ideal ingerig vir sakereisigers wat meer as een nag moet oorbly. Rook is verbode in die eenheid. Die eenheid kan elke derde dag skoongemaak word as gaste langer bly. CasaBac is in 'n area wat nie deur beurtkrag geraak word nie. Indien daar wel kragonderbrekings is, is die eenheid met 'n gasgeyser, eenplaatgasstoofie en noodligte toegerus.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel met 24 uur-sekuriteit. Daar is 'n gemeenskaplike swembad. Neem asb. kennis dat die eienaar op die perseel woon en troeteldiere het en daarom word ander troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.

Casabac is naby Life Faerie Glen Hospitaal, Wilgers Hospitaal, Netcare Pretoria Oos Hospitaal en Faerie Glen Eye Institute en Cintocare. CasaBac is 2 km van Atterbury Value Mart af, 3 km van Faerie Glen Hypermarket af, 6 km van Menlyn Maine Central Square and Casino-kompleks, wat verskeie winkels en restaurante het asook die Woodhill Gholflandgoed het, af. Dis naby The Grove-winkelkompleks en verskeie ander restaurante en wegneem-eetplekke in Pretoria-Oos.

Slaapplek

’n Bespreking by CasaBac sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Dienste

  • Internet koppeling
  • Kamer daagliks skoongemaak
  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir CasaBac
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Jaar gelys 4

Ligging

  • Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
  • Gaste dink CasaBac het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Anton Van Niekerk-rylaan 385, Faerie Glen, 0043, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc04c54eca179cee989a969b5ce8d248f3081dd012042e211f0a27ab81652ed29414ebf1e1a85e94cf449265285bf37467d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 385 Anton Van Niekerk Drive Faerie Glen 0043 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.7830011291 28.319793562329
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem