Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Black Rock Beach Cottage

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nkwazi-rylaan 101, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Black Rock Beach Cottage is geleë in Zinkwazi, een van die min, pragtige, ongerepte strande wat nog behoue gebly het in Suid-Afrika. Daar is 'n strandmeer van 7 km lank wat deur die luisterryke palmbome van die Zinkwazi-bewarea kronkel.

Dié ongekunstelde seekant-eenhede word al vir 21 jaar gebruik en is tipiese strand-kothuisies. Die badkamers en kombuise is oud, maar baie funksioneel.

Black Rock Beach Cottage is 'n dubbelverdiepinghuis met 'n aparte klein woonstelletjie in die tuin. Dit is reg teen die strand. Die boonste deel van die huis het slaapplek vir 10 en die onderste deel van die huis het slaapplek vir 6. Die woonstelletjie het slaapplek vir 4. Die eenhede kan apart verhuur word, of as 'n eenheid met slaapplek vir 20 mense in totaal.

Die boonste deel het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, leefarea, eetarea en 'n lieflike kroeg-area wat lei na 'n sondek met ingeboude braaigeriewe en 'n uitsig oor die see. Die onderste deel van die huis het 2 slaapkamers, 1 badkamer met 'n ekstra toilet, 'n volledig toegeruste kombuis met ontbythoekie en 'n leefarea met sy eie braaigeriewe.

Die woonstelletjie het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea en sy eie braai-area. Alhoewel die eenheid reg teen die see is, het dit nie 'n see-uitsig nie.

Die perseel is omhein en daar is 'n alarmstelsel met gewapende reaksie, diefwering en sekuriteitshekke.

Die eindelose strande van Zinkwazi is perfek vir visvang, swem, branderplankry en duik. Voëlkyk-entoesiaste kan ook 'n heerlike wandeling langs die strand neem. Daar is 180 verskillende voëlspesies in die area. Zinkwazi is na aan Zululand se magdom uitstekende wildreservate, soos Umfolozi en Prince's Grant. Vir die geskiedkundiges is daar vele historiese plekke wat die besoek werd is soos The Ultimatum Tree en Fort Pearson.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 24 resensies vir Black Rock Beach Cottage
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Nkwazi-rylaan 101, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Black Rock Beach Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nkwazi-rylaan 101, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUzYjkwM2U1LWY4MmItNGRlNi1hMTBiLTdkNjgyYjA1ODE2NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4) 24 5 1 5 101 Nkwazi Drive Zinkwazi 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.285187627659 31.440669444844