Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bietjies Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v Skulpie- en Duinestraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bietjies Akkommodasie bied selfsorg-akkommodasie stapafstand van die naaste strand af in die kusdorpie McDougalls in Port Nolloth. Dit is geleë in die Namakwaland aan die noord-westelike kus van Suid-Afrika. Besoekers stroom hierheen vir die rustige atmosfeer en die son.

Bietjies Selfsorg het 2 selfsorg-eenhede wat elkeen slaapplek bied aan 4 gaste. Elke eenheid het 1 dubbelbed in die slaapkamer, 2 enkelbeddens in die leefarea, 'n badkamer met stort, bad, toilet en wasbak, 'n TV met DStv EasyView in die sitkamer. Indien gaste meer DStv-kanale wil kyk, kan hulle hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saambring. Verder het elke eenheid 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, stofie, breekware en eetgerei. Binnebraaigeriewe is beskikbaar en troeteldiere is welkom (let asseblief op dat die eenhede nie omhein is nie).

McDougalls Bay is bekend vir sy woestyn-area, veldblomme, ongerepte strand en kalm see. Daar is ook heelwat doendinge in die omgewing, soos swem, kajak, bootvaarte en besoekers met permitte kan snoek en geelstert vang. Gaste word ook aangemoedig om die Richtersveld Nasionale Park te besoek. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Neem asb. kennis dat slegs die aantal gaste wat in die kwotasie genoem word, toegelaat word. Geen besoekers word tydens jou verblyf toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 34 resensies vir Bietjies Akkommodasie
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 338

Jaar gelys 11

Ligging

  • H/v Skulpie- en Duinestraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Gaste dink Bietjies Akkommodasie het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v Skulpie- en Duinestraat, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAadbac10f51b2607e73623e68da56ffc7ec569dcfac31823db2e2b51f55e4e4453b43cf1d241aa8d95bfc88ef0ca40b41f290?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 34 5 1 4 Corner Skulpie & Duine Street Port Nolloth 8280 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -29.284315948123 16.881466826389
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem