Att 41
Kry 20% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 4 Mei 2022 tot 31 Okt 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda-straat 41, Groenvlei, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 10
-
Vanaf
R468R374 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Att 41 is 'n unieke, lekker ruim solderhuis met 3 kamers, 'n en suite-badkamer en 'n privaat dek in die lowergroen Groevallei-buurt, Sedgefield. Ons is amper halfpad tussen George en Knysna en net 2 tot 3 km vanaf winkels, eetplekke en 'n swemstrand. Sedgefield is slegs 25 km vanaf Knysna en sy polsende Waterfront.
Dié eenheid beslaan die hele boonste vlak van 'n unieke huis met 'n privaat ingang. Binnenshuise trappe lei na 'n volledig gemeubileerde blyplek met sitkamer, slaapkamer met 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif kan word, 'n aantrekkamer en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die leefarea het 'n gemaklike rusbank, 'n uitskopstoel en 'n TV met DStv 'Easy View'. Gaste kan gerus hul eie dekodeerder en slimkaart saambring om meer kanale te kyk. Dis ook toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas/vrieskas, ketel, braaipan, breekgoed en 'n opwasbak met warm water. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, slegs 15 meter weg, op die palissade-omheinde, ruim erf.
Stap uit die leefarea na 'n privaat dek met 'n uitsig oor 'n deel van die Groenvlei-meer. Benut die lieflike onderdak-braaiplek in die tuin. Gratis WiFi is beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Att 41 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Barracuda-straat 41, Groenvlei, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Att 41 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Groenvallei Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda-straat 41, Groenvlei, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 10