Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ans se Plek

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Murray Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 11 resensies vir Ans se Plek
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5
Renata B - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Renata B
Gesin met klein kinders

Wow, fantastic.

Ons het 'n baie aangename verblyf gehad. Die huis is toegerus met alles en nog wat. Daar was genoeg spasie vir almal, kamers lekker groot. Het baie lekker gekuier en gebly, loopafstand see toe, winkels toe, orals. Het dit baie geniet. Die huis het jou baie tuis laat voel, en die kinders het ook lekker buite gespeel. Daar is 'n nuwe braai buite gebou met skadu net, lekker tot laat in die aand buite gesit.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Dit was lekker om julle te ontvang en dankie dat julle die nuwe braai uitprobeer het. Sien julle binnekort weer.

Ans se Plek
Johan T - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan T

Langnaweek was absoluut fantasties en ons het baie lekker gekuier by Ans se Plek.

Huis is fantasties met alles wat jy nodig het, het die stap na die strand en winkels geniet en die feit dat dit so veilig was is 'n bonus. Sa net aanbeveel dat eienaars daaroor moet dink om 'n onderdakbraai te kry, maar verder was alles perfek en ons sal beslis weer na Ans se Plek toe kom. Alles was top notch. Baie dankie vir alles.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Dit was 'n vreugde om julle ontvang. Hoop ons maak binnekort weer so!

Ans se Plek
Martie V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Martie V
Gesin met klein kinders

Dit was Wonderlik.

Ans se Plek het alles wat jy nodig het. Tot genoeg speelplek vir 2 woelige Kleuters. Die persoon wat 'n luukse blyplek soek moet verby hou. Hier kom jy rus sonder dat jy bang is die kinders breek iets. Stapafstand van alles af. Baie lekker gekuier. Dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Martie, dit was baie lekker om julle te ontvang en dit lyk my ons doen dit weer!

Ans se Plek
Leonie D - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leonie D
Besigheidsreis

Murry was very helpfull and professional.

Great experience and professional.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

It was only a pleasure. Hope to see you again soon.

Ans se Plek
Jeremia B - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeremia B
Gesin met klein kinders

Baie gerieflik en gemaklik en dit is alles wat 'n mens nodig het om lekker te kan ontspan en te slaap.

Rustigheid, ontspanning, lekker geslaap.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Dit was lekker om julle te ontvang. Hoop om julle binnekort weer te sien. Daar is ook nuwe beddens, matrasse en 'n stoof ingesit, kort voordat julle gekom het.

Ans se Plek
Janet J - Okt 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Janet J
Gesin met klein kinders

Baie lekker plekkie, kort net 'n afdak vir braaiplek.

Dit was baie lekker om by Ans se Plek te bly. Dit was naby aan die strand en winkels. Hulle kan dalk net dink daaraan om 'n afdak op te sit by die braai-area.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Dankie vir jul terugvoer. Ons wil graag 'n afdak opsit maar wonder nog of ons nie die braai area moet skuif na die voorkant van die huis nie.
Ons ontvang jul graag weer.

Ans se Plek
Susan V - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan V
Gesin met tieners

Aangenaam en lekker naby die strand.

Ons het 'n baie aangename verblyf gehad. Die huis is toegerus met alles en nog wat.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Dankie Susan, ons hoop om julle weer te kan ontvang. Ons het die huis nog nooit so skoon gekry nie. Julle verdien beslis ook 5 stêrre, as gaste.

Ans se Plek
Carla A - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla A
Gesin met tieners

Te kort.

Die mense wat vir LekkeSlaap werk is baie vriendelik en behulpsaam, tot enige tyd toe. Ons het half nege die aand in Hartenbos aangekom, Fiona Steenkamp was tops, want ons het haar seker heeltyd gepla hoe om daar te kom ens. Die huis het jou baie tuis laat voel, want daar is alles wat jy benodig. Die werf is baie groot, kinders kan veilig speel. Die strand is net 'n paar minute se loop van die huis af. En dis 'n jammerte dis alreeds bespreek vir die tyd wat ek weer wou gaan. Ek sal dit beslis aanwys vir ander reisigers ook. Baie dankie Timothy en span.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Carla, dit was lekker om julle te ontvang. Hoop julle sal weer van ons gebruik maak!

Ans se Plek
Jacobus N - Jan 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jacobus N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Besoek aan Hartenbos was aangenaam - verblyf ietwat negatief.

Negatiewe ervaring: Huis het verskriklik muwwerig geruik. Alhoewel alle deure elke dag oop was het die reuk nie gewyk nie. Baie irriterend aangesien ons klere ook daarna geruik het. Genoem vir agent Fiona. Matras in hoofslaapkamer kan gerus vervang word - springs nie baie stewig. Gesukkel om water in stort in hoofslaapkamer tussen warm en koud te balanseer aangesien dit 'n gasgeyser is. Een oomblik baie koud en dan weer baie warm.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Koos, jammer om te hoor dat julle nie 100% gelukkig was nie. Die loodgieter is tans by die woning om te kyk na die gas geyser (kon nie iemand oor die vakansie dae kry nie). Ons verbeter die huis deurgans en die matras sal volgende op die lys wees. Niemand anders het nog oor die reuk gekla nie (ons was self daar die week van te vore) maar sal dit verder ondersoek.

Ans se Plek
Francois D - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois D
Gesin met klein kinders

Dit was heerlik.

Dis lekker naby die see, 'n lekker warm buitestort vir afspoel en alles wat jy nodig het. Ons het lekker hier gebly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

Francois, dit was lekker om jou en jou gesin te kon ontvang. Klink my ons maak weer so!

Ans se Plek
Leon L - Aug 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leon L
Gesin met tieners

Baie netjies met alle geriewe tot jou beskikking.

Baie dankie aan Anina en LekkeSlaap vir uitstekende diens. Ook 'n vriendelike woord van waardering aan Murray en Fiona vir vriendelike en voortreflike diens met my aankoms by Magersfontein 15, Hartenbos.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ans se Plek se terugvoer

'n Groot plesier. Hoop om jou weer binnekort te sien!

Ans se Plek
Vanaf R2 900
R2 900 R2 320
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 900
R2 900 R2 320
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 900
R2 900 R2 320
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Magersfonteinlaan 15, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3ed4c5569435bdc5581f6bf3d54ac1a9ae8791a08b8238441b2f7a0949e58b78cff92909320f242f05b838c4acf0c95b8159?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 900 nouVanaf R2 320 per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 15 Magersfontein Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.12998 22.1149
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem