Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alm-Ü

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 970 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Alm-Ü is in die hartjie van Dullstroom, Mpumlanga geleë, stapafstand vanaf verskeie goeie restaurante, winkels en galerye, en is ideaal vir gesinne wat smag na 'n blaaskans, of paartjies wat bietjie kwaliteit-tyd saam wil deurbring.

Daar is onlangs 'n sonkragstelsel geïnstaleer om die impak van beurtkrag sover moontlik te beperk. Water word ook ononderbroke deur 'n watertenk voorsien.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 2 kaggels waarvan 1 op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die boonste en-suite badkamer bevat 'n ruim stort, asook 'n groot gemaklike bad. Daar is 'n klein sitkamer in die hoofslaapkamer waar 'n mens heerlik langs die kaggel kan ontspan. Die balkon met sy uitsig oor die Suikerbosch-koppie is perfek om die dag met 'n oggendkoffie te begroet, of om dit met 'n skemerkelkie af te sluit.

Die tweede kamer kan 3 mense akkommodeer op die stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die derde kamer het 'n dubbelbed.

Alle kamers het gehaltelinne, donsveerduvets, elektriese komberse, bad- en gesighanddoeke, hangers en haardroërs.

Daar is ook 'n koffiemasjien wat met genoeg bone vir die eerste aand voorsien word. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en lugbraaier.

Verder het gaste toegang tot 'n kuierarea met 'n ingeboude braai en seile wat na gelang van die weer, oop en toe kan trek.

DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Alm-Ü sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 109 resensies vir Alm-Ü
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Alm-Ü het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 970
per nag, vir 7 mense
Vanaf
Vanaf R2 970
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ce69210008d134990a7d6eb11330269892aa967739c3e0960cae2e5885cbea11cbeaae575169bdc0a2f7e5dd924ab44e5f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 970 per nag, vir 7 mense 109 5 1 5 Stand 297 Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.414746582351 30.104777365923