LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Alm-U | LekkeSlaap
+47

Alm-U

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 750 per nag(plek vir 7)

Beskrywing

Alm-U is geleë in die hartjie van Dullstroom, Mpumlanga, en is ideaal vir gesinne wat smag na 'n blaaskans, of paartjies wat bietjie kwaliteit-tyd saam wil deurbring.

Alm-U is slegs 450 m vanaf die woelige dorpsplein, waar jy verskeie goeie restaurante, winkels en galerye sal aantref.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 verhitte badkamers en 2 kaggels waarvan 1 op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die boonste en-suite badkamer is onlangs oorgedoen en bevat nou 'n ruim stort, asook 'n groot gemaklike bad. Daar is 'n klein sitkamer in die hoofslaapkamer waar 'n mens heerlik langs die kaggel kan ontspan. Die balkon met sy uitsig oor die Suikerbosch-koppie is perfek om die dag te begroet met 'n oggendkoffie, of om hom af te sluit met 'n skemerkelkie.

Die tweede kamer kan 3 mense akkommodeer op die stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die derde kamer het 'n dubbelbed.

Alle kamers het elektriese komberse en donsveerduvets en is toegerus met gehaltelinne, ekstra kussings en komberse, bad- en gesighanddoeke, hangers en haardroërs.

Die volledig toegeruste kombuis het 'n espresso/cappuccino-masjien, wasmasjien, tuimeldroër skottelgoedwasser, en eetarea met ’n etenstafel vir 7 mense. Die onderdak braai-area met 'n ingeboude braai, het seile wat kan op- of afrol, na gelang van die weer. Daar is DStv in die sitkamer, en gratis WiFi in die hele huis.

Battery-aangedrewe kampligte en warmwaterflesse is beskikbaar om die donker en koue te verdryf indien die krag sou afgaan.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Alm-U sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 69 resensies vir Alm-U
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Alm-U het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R2 750
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ce69210008d134990a7d6eb11330269892aa967739c3e0960cae2e5885cbea11cbeaae575169bdc0a2f7e5dd924ab44e5f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 750  per nag(plek vir 7) 69 5 1 5 Stand 297 Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -25.414746582351 30.104777365923
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!