LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by African Sea Breeze | LekkeSlaap
+36

African Sea Breeze

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

African Sea Breeze is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks. Dit is op die grondvloer aan die agterkant van die kompleks geleë wat dit meer privaat maak. Daar is ook genoeg gras waarop die kinders na hartelus kan baljaar.

Die woonstel het 2 slaapkamers; die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 1 badkamer (stort en bad) en die groot kombuis is goed toegerus met 'n stoof, mikrogolf, broodrooster, skottelgoedwasser, yskas, wasmasjien, ens.

Daar is 'n gemaklike leerrusbank met 3 sitplekke, sowel as 'n slim-TV met kabel-TV, Netflix en Showmax in die sitkamer.

Gratis onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar en 'n gemeenskaplike swembad.

Daar is 'n veiligheidswag by die hek 24 uur van die dag. In die gang van die woonstel is daar 'n brandblusser.

Die strandmeer is 'n wonderlike plek vir die kinders of gaste kan in die somer by die gemeenskaplike swembad ontspan.

Verlustig jou in die wisselende sonsondergange gedurende die dag en staan verstom voor die wemelende sterrehemel saans. Gholfspelers, bergfietsryers, fietsryers, perdeliefhebbers, vlerkswewers, vlieërbranderryers en waterskiërs hier hoef nie ver te ry op soek na 'n speelplek nie. Boomtoptoere en rekspring is ook in die omgewing beskikbaar. Besoekers kan gerus ook 'n draai maak by die kunsvlyt-, varsprodukte- en kosmarkte. Monkeyland en Birds of Eden is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n onvergeetlike woudbelewenis.

Slaapplek

’n Bespreking by African Sea Breeze sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 56 resensies vir African Sea Breeze
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink African Sea Breeze het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA062e07c20023156975dd2b56497734d12a055233304656668583f1b29f8a455763350ae596ea51363abbb7738c8c8f7d6ec5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950  per nag(plek vir 4) 56 5 1 5 Santini Village B9 Bowtie Drive 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-23:00 10:00 -34.048952589629 23.361131250858
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!