LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 116 San Marino | LekkeSlaap
+14

116 San Marino

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Keurboomrivierweg, San Marino 116, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag(plek vir 4)

Beskrywing

116 San Marino is 'n selfsorg-vakansiehuis in Plettenbergbaai in die San Marino-vakansieoord wat by die Keurboomrivier geleë is. Dit spog met 'n swembad, die rivierfront en berg-uitsigte.

Die eenheid is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele en die eet-area het sitplek vir 4 gaste. Die sit-area spog met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan voor braai en kyk na die skouspelagtigste sonsondergange.

Die oord het 'n boothelling van waar gaste bote kan lanseer om 'n perfekte somersdag op die rivier deur te bring; mits gaste se boot gelisensieer is. Mel's Place is om die draai vir musiekvertonings, 'n pragtige antiekwinkel en 'n lieflike plaasstalletjie.

Slaapplek

’n Bespreking by 116 San Marino sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 116 San Marino
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Keurboomrivierweg, San Marino 116, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink 116 San Marino het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Keurboomrivierweg, San Marino 116, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA548385b040adfb44e8111065328bc834b142587f7f77da27f153db3fa18559ab8d63bc4d802b516732dbe9c54299bda3691a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500  per nag(plek vir 4) 1 5 1 5 Keurboom River Road 116 San Marino 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -34.011714107997 23.404237711022
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!