Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Upington

+12

Beskrywing

Upington is verseker een van die "hotste" plekke in die Noord-Kaap. Dit is gelee op die oewers van die magtige Oranjerivier (een van Suid-Afrika se langste riviere) en is gestig in die jare 1800's toe dit 'n sendingstasie was, vanwaar dit ontwikkel het en in 1884 as 'n dorp erken is. Na sy ontwikkeling as 'n dorp het Upington redelik vinnig verder ontwikkel en vandag is dit die kommersiele, landboukundige en opvoedkundige middelpunt van die Gordonia Distrik. Die ekonomie van Upington is egter steeds baie van toerisme afhanklik.

Wanneer jy Upington besoek, kan jy die ongelooflike Augrabies Nasionale Park met sy betowerende watervalle en Namakwalandse blomspesies besigtig. Die nabygelee dorpies is ideaal vir korter uitstappies. Die dorp is bekend vir sy warm klimaat en droë landskappe, maar moenie vergeet van die vrugbare en groen Oranjeriviervallei wat 'n oase bied en nuwe lewe in die dorheid pomp nie.

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Upington te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Upington te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem