Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

South Coast

+11

Beskrywing

Dis lekke by die see, dis lekke aan die Suidkus! Die Suidkus is die beste bestemming vir 'n seevakansie. Hier is pragtige strande, twee wêreldbekende skubaduikplekke en 'n prentjiemooi landskap in die binneland. Die water is warm en die atmosfeer is tropies – mens voel skoon asof jy op 'n eiland vakansie hou. Hier is 'n plekkie vir elke mier en gier. Jy kan 'n luilekker dag op die strand spandeer en die pragtige sonsopkoms op jou stoep van jou stoep af waardeer. Sosiale vlinders kan hulle vlerke sprei by een van die talle kuierplekke en feeste. Avontuurlustiges kan rekspring, skubaduik en branderplankry. Kom maak jou voete nat in die warm Indiese Oseaan saam met LekkeSlaap.

Die Suidkus strek vanaf Amanzintoti tot Port Edward en hierdie streek spog met die warmste water en die mooiste strande. Dit is 'n tropiese bestemming waar vakansiegangers na hartelus kan snorkel, diepseeduik, skubaduik en branderplankry, terwyl walvisse en dolfyne saam met jou in die water baljaar. Die Suidkus is besig tydens die somermaande, maar in die wintermaande sal jy begroet word met stil strande en die sardientjies se aankoms tussen Junie en Julie. Dit is 'n regdeur die jaar 'n uitstekende vakansiebestemming met feeste en kuiers. Die jaarlikse Harley-Davidson-fees vanaf 28 April tot 1 Mei is 'n adrenaliengevulde ervaring waar meer as 80 000 motorfietse deur die strate van Margate dreun.

Die pragtige strande is ongetwyfeld die aantrekkingskrag van die Suidkus, maar die binneland bied ook 'n verskeidenheid aktiwiteite. By die Oribi Gorge-natuurreservaat is daar 'n zip-line en die Umtamvanu-natuurreservaat bied staproetes wat verby woude en watervalle kronkel. Daar is niks beter as om uit die bergpas naby die einde van die Visarend-roete te klim, en onder die watervalle af te koel nie. Tydens jou staproete kan jy meer as 240 spesies voëls en diere sien. Buiten die staproetes en natuurskoon, is daar wêreldklas gholfbane. Met 11 gholfbane en 5 op die lys van Suid-Afrika se beste gholfbane, staan die Suidkus nie verniet bekend as die gholfkus nie! Gaan speel gerus 'n potjie by Southboom, Selborne-landgoed en Umdon Park, waar jy die bal kan slaan met 'n pragtige see-uitsig.

Daar is meer as sewe blouvlagstrande aan die Suidkus – Hibberdene, Scottburgh, Uvongo, Margate, Ramsgate, Sanlameer en Travalgar. Uvongo is 'n beskutte baaitjie met 'n uitstekende strand, waterval, kindervriendelike-swembad en strandmeer. 'n Klein visvangbaai is 'n bekende plek vir stappers en hengelaars. Teenoor die rustige atmosfeer van Uvongo, is Margate 'n lewendige bestemming. Hier pomp 'n opwindende naglewe van sportkroeë, nagmarkte en strandfeeste. Gedurende die dag kan jy snorkel, skubaduik, branderplankry, diepseevisvang en gholfspeel. Besoek die slang- en krokodilpark, kunsgalerye, stalletjies, flieksen casino's. Avontuurlustiges kan ook rekspring, perdry, haaihokduik en 'n helikoptervlug geniet.

As jy eers die subtropiese Afrika-ervaring van Sanlameer beleef, gaan jy weer-en-weer wil terugkeer. San Lameer is een van die gesogste bestemmings aan die Suidkus en bied asemrowende natuurskoon en 'n rustige atmosfeer. Langs Sanlammer lê die spogstrande van Travalgar. Die strand by Trafalgar word met haainette beskerm en is veral 'n bekende bestemming vir branderplankryers. As die see stil is raak die rotsagtige rifformasie 'n uitstekende plek om te snorkel. Onder die water kan jy dan die gefossileerde oorblyfsels van skulpvis, visspesies, plantmateriaal en versteende hout aantref. Die Trafalgar-marienereservaat is 'n klein area wat kuslangs strek. By die Mpenjati-natuurreservaat is daar graslande, verskillende woud-tipes en duineplante. Binnelands is daar welige tropiese plantegroei en inheemse woude wat bewoon word deur bosbokke en duikers.

Kom geniet jou tropiese droomvakansie sommer teen die kus van Suid-Afrika. Baljaar in die louwarm water en verken 'n wonderwêreld onder die see. Sonbaai op 'n wit strand en kuier in 'n sportkroeg. Hier kan jy sien hoe die boggelrugwalvisse stadig verby swem of dolfyne in die see baljaar terwyl jy op die stoep van jou spog vakansiehuisie ontspan. Geniet die sonsopkoms oor die horison en volg die volmaan wat die see met silwer strome bevlek. Saam met LekkeSlaap is dit lekke en gerieflik by die see.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor South Coast te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in South Coast te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.