Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kimberley

+5

Beskrywing

Kimberley het meer as net 'n groot gat. Die Noord-Kaapse dorp het sowat 185 000 inwoners (2010-statistiek), en bied 'n wye verskeidenheid toeriste-aantreklikhede soos museums, 'n kunsgalery, restaurante, kroee en kuierplekke.

Toeriste kan interessante plekke hier besigtig. Gaan na Belgravia, die oudste woongebied in Kimberley, en waardeer die 19de eeuse spoghuise. Kuier by Star of the West wat moontlik die oudste kroeg in Suid-Afrika is. Besoek die kapel van Suster Henrietta Stockdale wat in 1887 ter era van dié bekende verpleegster opgerig is.

Die dorp se naam is op 5 Julie 1873 amptelik geproklameer twee jaar na sy amptelike dorpwording in 1871 toe die dorp internasionale bekendheid danksy die ontdekking van 'n diamantveld verwerf het. Sedertdien het die naam Kimberley sinoniem met die diamantbedryf geword.

Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.

Kaart

As jy al so ver gekom het, het jy dit duidelik geniet om oor Kimberley te lees! Hoekom maak jy nie 'n vakansie daarvan nie? Kliek hier om meer akkommodasie–opsies in Kimberley te sien.
Sien Akkommodasie
Kliek hier om meer akkommodasie–opsies te sien
Kliek hier om terugvoer te gee. Laat weet ons asb. as iets op dié webblad verouderd of onakkuraat is.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem