Rest at No 10
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Isabella-straat 10, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
-
Vanaf
R800R680 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rest at No 10 is 'n woonstelletjie wat gerieflike selfsorgverblyf bied. Rest at No 10 is in Port Owen in 'n marina geleë, langs Velddrif. Die woonstel bied toegang tot die marina en plaaslike restaurante.
Dié oopplan-woonstelletjie het 2 enkelbeddens wat teenmekaar gesit is. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n kombuisie en 'n klein sitarea. Die kombuisie is met 'n yskassie, oondjie, stofie, tweeplaatkoker, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die woonstel het 'n HD-TV met DStv. Braaigeriewe is beskikbaar.
Die woonstel het 'n privaat ingang en gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Badhanddoeke, seep en 'n haardroër word voorsien.
Die woonstel is stapafstand van die marina, seiljagbasis en die rivier met voëllewe af. Doendinge in die area sluit visvang in die rivier of in die see, voëlkyk, gholfspeel en bootritte in.
Port Owen se bootklub is naby en Paternoster is net 30 minute se ry ver. Die woonstel is ook stapafstand vanaf die Bergrivier, kanale, marina en Charlies Brewhouse and Restaurant.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Brian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Isabella-straat 10, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Rest at No 10 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Isabella-straat 10, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap