Plekkie in die Son
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 30 Apr 2024 tot 31 Jul 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buisfonteinplaas Afdeling 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R1 200R960 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Plekkie in die Son bied selfsorgverblyf naby Bela-Bela, 'n dorp wat bekend is vir sy warmwaterbronne, maar ook vir besienswaardighede, soos Zebula, die Elements Privaat Gholfreservaat, Waterberg Zipline-toere en die Bambelela Wildlife Care and Vervet Monkey Rehabilitation Facility. Dit is ook net 1 uur se ry van Pretoria af.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n pragtige uitsig op die Waterberge. Elke slaapkamer het lugversorging, 'n dubbelbed en sy eie badkamer. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster. Daar is lugversorging in die sitarea en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakbalkon met 'n ingeboude braai, buitesitplek, sonstoele, 'n gasbraai en 'n swembadjie. 'n Dubbelmotorafdak is beskikbaar as parkeerplek.
Berghuis bied slaapplek aan 2 gaste en het lugversorging, 'n slaaparea, badkamer en 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea met 'n pragtige uitsig op die Waterberge. Die slaaparea het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, lugbraaier, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het lugversorging, 'n omsetter, staanwaaier, en 'n platskerm-TV. Daar is ook 'n DStv-dekodeerder. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n braai.
Aktiwiteite op die perseel sluit voetslaan, swem, 4x4-roetes, voëlkyk en wildkyk in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 117
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Buisfonteinplaas Afdeling 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Plekkie in die Son het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buisfonteinplaas Afdeling 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo