Lethabong Lodge
- Kapasiteit: 94 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maritikloof-plaas, 380KQ Rooiberg, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lethabong Lodge is 'n eko-vriendelike lodge in die ongerepte 700 ha-wildernis naby die majestueuse Waterberge en Thabazimbi, en minder as 2 uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Of gaste op soek is na 'n luukse naweekwegbreek in hul eie tent, of 'n gesinsvakansie met 'n rits aktiwiteite, Lethabong Lodge het alles.
Verblyf word in selfsorg-lodgekamers, selfsorg-safaritente en kampeerplekke gebied. Die lodge-kamers en safaritente het elk goed toegeruste kombuisgeriewe, en suite-badkamers en lugversorging. Die safaritente het ook privaat, romantiese plonspoele, braaigeriewe en vuurputte. Die lodge-kamers het hul privaat balkonne met piekniekbankies en gasbraaigeriewe.
Die kampeerplekke is gelyke grasstaanplekke met elektrisiteit en krane. Elke staanplek het sy eie ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en wasbak.
'n Wasgoeddiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar, en parkeerplek met 24 uur-sekuriteit is ook beskikbaar.
Alle gaste het toegang tot die speelpark en speletjieskamer. Die speelpark bied 'n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk, insluitend glybane, 'n trapkarbaan, springkussings, 'n foefie-glybaan en swembaddens. Daar is ook 'n gemeenskaplike piekniekarea met braaigeriewe en 'n snoepie wat koeldrank, eetgoed, hout, houtskool en vuuraanstekers verkoop. Dagbesoekers is teen 'n ekstra koste welkom. Die speletjieskamer het pool-tafels, tafelsokker en tafeltennis.
Lethabong Lodge het verskeie wildspesies, insluitend kameelperde, wildebeeste, sebras en elande wat vrylik in die malariavrye bosveld rondloop, sowel as 'n rits voëlspesies. Begeleide wildritte is beskikbaar om die area te verken.
Of gaste nou buitelugliefhebbers is, of bloot rus en vrede nodig het, Lethabong Lodge is die plek. Die vriendelike personeel sien daarna uit om gaste hartlik te verwelkom en hul verblyf 'n onvergeetlike ervaring te maak.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Sandy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Maritikloof-plaas, 380KQ Rooiberg, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Gaste dink Lethabong Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Thabazimbi Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 94 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maritikloof-plaas, 380KQ Rooiberg, Thabazimbi, 0380, Limpopo